Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kommandowurm versprei in Wes-Kaap

Larwes van die herfskommandowurm (Spodoptera frugiperda) is op suikermielies in die omgewing van Clanwilliam in die Wes-Kaap gekry.

Die departement van landbou, bosbou en visserye het Donderdagoggend in ’n verklaring gesê die larwe is laat verlede maand (Maart) in dié omgewing gekry.

Die herfskommandowurm

Verlede jaar is die motte tussen Junie en Augustus in verskeie dele van die Wes-Kaap opgemerk.

Die herfskommandowurm is ’n pes waarvoor kwarantynmaatreëls volgens wetgewing geld en dit is verpligtend dat die voorkoms daarvan by die naaste kantoor van die departement van landbou aangemeld word.

Die wurms val mielies, koring en sorghum aan, maar sal ook ander gewasse vreet.

Herfskommandowurms is tans in al die provinsies teenwoordig met verskillende getalle in die verskillende streke, afhangend van die klimaat. Boere en die gemeenskap word gevra om die nodige voorsorgmaatreëls te tref en om vir tekens van die wurm op die uitkyk te wees.

Volgens die departement moet landbouchemiese stowwe verkieslik toegedien word voordat die wurms groter as 1 cm raak. Die groter wurms kruip diep in die blare van mielieplante weg, wat dit moeilik maak om hulle te bereik.

Voorheen is daar berig in 2017 het die herfskommandowurm oor groot dele van Suider-Afrika versprei en tot ’n groot oesverlies in Malawi, Namibië, Zambië en Zimbabwe gelei.

Die wurm is van die tropiese gebiede in Sentraal- en Suid-Amerika afkomstig en is ’n ernstige mielieplaag in lande soos Brasilië.

Die mot van die herfskommandowurm vlieg met die heersende wind en kan sodoende groot afstande aflê. Die ruspe het ’n kort lewensiklus, maar kan groot skade aan die blare en mieliestronke aanrig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.