Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kommer oor beoogde distilleerdery in Kogelberg-biosfeer

Kommer heers oor die beoogde ontwikkeling van ’n distilleerdery tussen Pringlebaai en Rooiels, wat deel uitmaak van die Kogelberg-biosfeer in die Overberg-distrik.

Inwoners sê daar is tans ’n grondpad wat gewild is onder drawwers, bergfietsryers en voëlkykers. Diere soos bokkies en rooikatte kom ook daar voor en dit is ’n natuurlike, ongerepte gebied, volgens hulle. Die gebied is nog deel van die Kogelberg-biosfeer, en die erwe sal hersoneer moet word, voer hulle aan.

Die Pringlebaai-belastingbetalersvereniging (PBRA) het in ’n verklaring op sy Facebookblad gesê hy weet van die aansoek (tussen Rooiels en Pringlebaai) om alle titelakte-beperkings van grondgebruike en instemming te verwyder en ’n kommersiële distilleerdery op ’n kuseiendom te ontwikkel.

Pringlebaai Foto: Pixabay

Teen die agtergrond van onlangse besware teen ’n ander hersoneringsaansoek vir ’n ander ontwikkeling, kyk die vereniging na die meriete van die aansoek. Kommentaar en vrae van die publiek word ingewag. Hulle wil ook seker maak of die goedkeuring van so ’n aansoek moontlik kan lei tot soortgelyke aansoeke met selfs meer vernietigende gevolge vir ’n volhoubare toekoms, wat moeilik of selfs onmoontlik sal wees om te voorkom of om te keer.

Die Overberg-munisipaliteit sê by navraag die aansoek is nog in ’n vroeë, advertensie-stadium en ’n proses ingevolge die verordening op munisipale beplanning word tans gevolg.

Luidens ’n dokument op die Overstrand-munisipaliteit se webtuiste is ’n aansoek ontvang van Planning Partners namens die Free Life Trust vir die opheffing en wysiging van beperkende titelaktevoorwaardes op Gedeelte 141 (’n gedeelte van Gedeelte 133 van die plaas Hangklip) en vergunningsgebruik vir ’n landboubedryf om ’n distilleerdery, proekamer en ’n plaaswinkel/stalletjie te akkommodeer.

Die publiek kan nog tot 4 Junie kommentaar lewer op die beoogde ontwikkeling. Besonderhede oor die voorstel kan weeksdae tussen 08:00 en 16:30 by die departement van stadsbeplanning in Pattersonstraat, Hermanus, besigtig word, asook by die Bettysbaai-biblioteek en die RESA-kantoor in Anemoneweg, Rooiels. Die munisipaliteit mag ná die sluitingsdatum weier om kommentare te aanvaar.

Meer oor:  Kogelberg-Biosfeer  |  Pringlebaai  |  Rooiels  |  Ontwikkeling  |  Distilleerdery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.