Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Koue met sneeu op pad, maar Julie bly warm
Vroue dra hout aan om vuur te maak in Ladybrand in die Vrystaat. Hoewel die dagtemperature in dié provinsie hoog is, daal die nagtemperatuur skerp en dít sal na verwagting tot minstens die tweede week in Augustus voortduur.Foto: Mlungisi Louw

Hoewel die sentrale binneland se dagtemperature vandeesweek by die 22 °C boer en dit nie gou gaan daal nie, is die winter geensins verby nie met tot 20 cm sneeu wat vir die Noord-Kaap voorspel word.

Johan van den Berg, landbouweerkundige by Santam Landbou, sê binnelanders kan van Vrydag tot in die tweede week van Augustus kouer toestande verwag.

“Dit lyk asof veral die nagtemperature laag gaan wees, met ryp wat gaan voorkom. Die dagtemperature behoort oor die algemeen egter steeds gemiddeld tot bogemiddeld te wees.”

Intussen word sterk sneeuval (20 cm) vanaf vroeg volgende week vir Sutherland in die Noord-Kaap voorspel met ongeveer 13 mm reën.

Die warmer weer in veral die Vrystaat sal egter voortduur, sê Kevin Ingram, ’n voorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se kantoor in Bloemfontein.

Julie was tot dusver 2°C tot 4°C warmer as die gemiddeld, terwyl Junie se dagtemperature in Bloemfontein gemiddeld 20,97 °C was.

Volgens Van den Berg is die gemiddelde langtermyn-maksimum temperatuur vir Junie in die Rosestad 17,5 °C.

Hy sê omdat die seisoen laat begin het, is dit waarskynlik dat nog koue nagte en ryp in Augustus en September verwag kan word.

“Die gemiddelde aantal rypdae is 79 per jaar. Tot op hede in 2019 was daar slegs ongeveer 20 dae met ryp.”

Van den Berg waarsku landbouers teen die uitwerking van die teenstellende dag- en nagtemperature op gewasse en bome.

“Die warmer dae stimuleer groei en dan vind afkoeling tot benede vriespunt plaas. Die sagte en kwesbare groeipunte van wintergraan en bome word dan makliker beskadig as wanneer koue toestande deurlopend sou heers.”

Die laaste dag vir ryp in Bloemfontein is gemiddeld eers teen middel September.

Ryp kan egter nog sporadies oor een of twee nagte tot so laat as in Oktober voorkom.

Daar was in die afgelope paar jaar ook een of twee rypdae in November, sê hy.

* Die weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik van toestande wat bevorderlik is vir wegholveldbrande in die suidelike binneland van die Noord-Kaap.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Weer  |  Sneeu  |  Weervoorspelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.