Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
'Kouekoors' tref Woensdag Gauteng

’n Kouefront wat tans die Wes-Kaap looi, sal na verwagting teen Woensdag ysige temperature na Gauteng bring.

’n Tweede, sterker kouefront wat nou die Kaap tref, sal moontlik sneeu tot gevolg hê.

Vroeë voorspellings dui daarop dat die koue stelsel stoom gaan verloor voordat dit in Gauteng aankom.

Jan Vermeulen, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê die kouekoors sal na ander provinsies versprei. “Gauteng sal oor die volgende paar dae koud in die oggend wees. Geen reën word verwag nie, maar mense gaan bibber van die koue.”

Volgens Vermeulen sal daar ’n suidwestelike wind waai.

“Temperature sal wissel tussen -1°C en 3°C in die oggende en 15°C en 18°C in die middag.”

Hy sê temperature sal teen Donderdag herstel, hoewel dit steeds veel kouer sal wees.

Meer oor:  Weer  |  Kouefront  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.