Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kraaie gaan weer gaap, hael ook voorspel

Daar sal die week nog heelwat donderstorms voorkom, maar dit sal geïsoleerd wees.

So het die Suid-Afrikaanse Weerburo Maandag gesê.

Maandag en Dinsdag sal donderstorms nog oor die westelike binneland voorkom asook oor die droër dele van die Noord- en Wes-Kaap en Noordwes met neerslae wat in die namiddag verwag kan word.

’n Hoë wolkbasis word vir dié twee dae voorspel wat die moontlikheid van hael, soos die storm Saterdag by Sun City in Noordwes, kan meebring.

Teen Vrydag en Saterdag sal hoë-energielug suidwaarts uit Zambië oor Botswana beweeg. Dit sal die

moontlikheid van donder- en haelstorms in Noordwes en Gauteng verhoog.

Hoë temperature oor die land heen sal die kanse op haelstorms verder verhoog.

William Msimanga, ’n weervoorspeller van die buro in Pretoria, sê hoë tot baie hoë temperature word vir die hele week voorspeel, maar veral oor die sentrale binneland.

Vir die Noord-Kaap en dele van die Wes-Kaap word daar gewaarsku teen hoë temperature wat kan lei tot die ontstaan van veldbrande. Dit geld ook die westelike dele van die Vrystaat en noordelike dele van die Oos-Kaap.

In KwaZulu-Natal sal dit warm en bedompig wees en oor die oostelike kusgedeeltes in dié provinsie sal dit vir die res van die week baie warm en bedompig wees.

Meer oor:  Storm  |  Donderstorms  |  Hael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.