Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kragboot ‘gaan oesters laat vrot’

Oesterboere en kleinskaalse vissers vrees omgewingskade weens die beplande kragskip by Saldanhabaai aan die Weskus kan hulle hul inkomste kos.

Volgens beplanning sal een van die skepe van die Turkse maatskappy Karpowership twee dekades lank daar vasmeer. Die boere en vissers is bang dit sal warm water in die baai pomp en ’n geraas maak wat die oesters sal laat sleg word en vis wegdryf.

In reaksie op klagtes van die omgewingsgroep Green Connection het die regering die omgewingsgoedkeuringsproses vir Karpowership op 11 Junie opgeskort.

Green Connection het beweer Kar­powership het versuim om gespesialiseerde navorsing oor onderwater-enjingeraas te laat doen. “Ons span meen dié klagtes is ongegrond,” het Kay Sexwale, woordvoerder van Karpowership SA, Woensdag gesê.

Saldanhabaai is Suid-Afrika se eerste akwakultuursone in die see en 16 nuwelinge het verlede jaar toegang tot dié bedryf met ’n jaarlikse waarde van sowat R1 miljard verkry, het amptenare van die departement van landbou, bosbou en visserye gesê.

’n Paar minute van die sleephelling af help veelkleurige boeie en swart vlotte aandui waar verskillende plase begin en ophou. Werkers trek lang lyne uit waaraan mossels of eksotiese oesters vasklou uit die voedsame water van die Atlantiese Oseaan.

“Ons kan nie glo dit (die skip) kan net heilsaam wees daar waar dit gaan lê nie, want dit gaan warm water genereer en dit skep ’n geraasfaktor wat die organismes wat ons kweek, kan aantas,” sê Kevin Ruck, eienaar van die Blue Sapphire Pearls-oesterplaas en ’n opgeleide mariene bioloog.

Hy is bekommerd dat warm water wat uit die vaartuig van Karpowership kom, die groei van skadelike alge kan stimuleer wat sy sappige oesters oneetbaar sal maak. Sy maatskappy, wat in 2008 gestig is, oes tot ’n miljoen oesters per jaar. Dis hoofsaaklik vir die plaaslike mark, maar ’n deel daarvan word lewend na China uitgevoer.

In Februarie het wetenskaplikes gewaarsku so ’n geraas onder die seeoppervlak versteur seediere se vermoë om te paar, kos te kry en selfs roofdiere te ontwyk.

Verdere vertragings vir Karpowership, wat ook twee skepe met gaskragstasies in Richardsbaai en Ngqura by Gqeberha (Port Elizabeth) beplan, kan Suid-Afrika se plan om sy energietekort aan te vul, in die wiele ry.

Karpowership SA sê sy omgewingsimpakbeoordelings vir al drie plekke “toon min impak op die omliggende lug- en wateromgewings”.

Maar vir Christie Links, ’n skipper van Saldanha, is die risiko te groot.

“Wie sê die baie visspesies waarop ons staatmaak, sal steeds by die baai inkom as Karpowership hier is?” – Reuters

Meer oor:  Saldanhabaai  |  Karpowership
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.