Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kragdraad skok 6 diere in wildtuin dood

’n Kameelperd, twee leeus, twee hiënas en ’n renoster is die naweek in die Krugerwildtuin doodgeskok nadat ’n Eskom-kragpaal weens swaar reën naby die Skukuza-ruskamp omgeval het.

Ike Phaahla, woordvoerder van Sanparke, sê werkers van Eskom wat die drade wou herstel, het op ’n leeu afgekom wat aan ’n dooie renoster gevreet het.

Hulle het veldwagters ontbied om die leeu te verjaag. Die veldwagters het toe op die ander karkasse afgekom.

Phaahla sê hulle vermoed die drade het die kameelperd getref, waarna die roofdiere op pad na die karkas oor die drade gestruikel het en ook doodgeskok is.

Meer oor:  Krugerwildtuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.