Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Krewe loop uit die see by Elandsbaai
Mense help om die krewe bymekaar te maak om weer in die see te gooi. Foto: Cederberg-munisipaliteit/ Facebook

Die krewe loop sedert Donderdagaand uit die see by Elandsbaai aan die Weskus en sal terug in die see gegooi word, nadat inwoners stopgesit is wat ’n “aggressiewe” poging aangewend het om hulle te versamel.

Só sê die Cederberg-munisipaliteit op hul Facebook-blad nadat talle krewe op die strand beland het.

Die munisipaliteit sê die krewe loop uit die see weens die rooigety in die gebied. “Die rooigety veroorsaak ’n tekort aan suurstof in die water.”

Die munisipaliteit sê die departement van landbou, bosbou en vissery, die distriksmunisipaliteit en die plaaslike Cederberg-munisipaliteit help om die lewendige krewe op te tel en hulle terug in die see te gooi.

“Mense van die gemeenskap het aggressief saamgekom om die krewe te versamel, maar die polisie het vinnig opgetree en hulle gestop.”

Die munisipaliteit sê die polisie het die strand gedurende die nag gepatrolleer.

Hy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om nie die krewe vir eie gewin op te tel en weg te dra nie.

Talle krewe het weens ’n suurstoftekort uit die see geloop. Foto: Cederberg-munisipaliteit/ Facebook
Die polisie patrolleer die strand. Foto: Cederberg-munisipaliteit/ Facebook
Die Cederberg-munisipaliteit sê die krewe het sommer uit die see geloop. Foto: Cederberg-munisipaliteit/ Facebook
Meer oor:  Weskus  |  Loop  |  Kreef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.