Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kruger-hek deur Sanparke-staking geraak

Die Paul Kruger-hek van die Krugerwildtuin sal Vrydag deur ’n staking van Sanparke-werknemers geraak word.

Reynold Thakhuli, Sanparke-woordvoerder, sê die staking sal na verwagting ’n dag duur en vind in die Krugerwildtuin plaas.

Thakhuli sê dat twee vakbonde egter ook hul lede by ander parke aangemoedig het om te staak.

“Sanparke wil besoekers gerusstel dat daar gebeurlikheidsplanne is wat onmiddellik in alle parke in werking sal tree om die ontwrigting van dienslewering te beperk,” sê Thakhuli.

Sanparke sê dat werksaamhede by al die ander ingange na die wildtuin soos normaalweg sal voortgaan.

“Besoekers word dus afgeraai om hul besprekings weens die beplande staking te kanselleer. Indien die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie toestemming gee dat die personneellede langer mag staak, sal inligting daaroor verskaf word.”

Sanparke het voorlopig om verskoning gevra vir enige ongerief wat die beplande staking in die Krugerwildtuin of in sy ander parke veroorsaak.

Meer oor:  Sanparke  |  Krugerwildtuin  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.