Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Krugerpark jou passie? Laat jou stem híér hoor

’n Vergadering wat vir Woensdag in Durban belê is oor ’n nuwe bestuursplan vir die Krugerwildtuin is uitgestel.

Sanparke sê in ’n e-pos ’n nuwe datum en plek vir die vergadering sal bekend gemaak word.

Op sy Twitter-rekening sê Sanparke die vergadering is “op versoek van belanghebbendes uitgestel sodat hulle genoeg tyd het om voorbereidings te tref om die vergadering by te woon”.

Die wildtuin het reeds tien vergaderings gehou met belanghebbendes van gemeenskappe wat aan die wildtuin grens. Stedelinge kry egter ook die geleentheid om insette te lewer oor die bestuursplan vir die wildtuin. Vergaderings hieroor is in Gauteng, die Wes-Kaap en Mpumalanga gereël, met die nuwe datum vir die KwaZulu-Natalse vergadering wat aangekondig sal word.

“Die doel is om die proses van oorlegpleging te verbreed,” sê William Mabasa, woordvoerder van Sanparke. “Dit is ook ’n vereiste van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur van Bewaarde Gebiede (Wet 57 van 2003) dat sulke gebiede bestuursplanne moet hê wat elke tien jaar hersien word.”

Die eerste bestuursplan is in 2008 goedgekeur, maar die proses van oorlegpleging was beperk omdat die vergaderings hoofsaaklik in Limpopo en Mpumalanga gehou is, sê Glenn Phillips, uitvoerende bestuurshoof van die wildtuin. “Ons wil dié keer soveel moontlik mense insluit, daarom besoek ons meer provinsies sodat hul insette ingesluit kan word in die bestuursplan vir die volgende tien jaar.”

Die vergaderingskedule is as volg:

Woensdag 24 Mei

Kaapstad: Strand Tower Hotel om 09:00

Donderdag 25 Mei

Pretoria: Manhattan Hotel om 09:00

Vrydag 26 Mei

Kempton Park: Aviator Hotel om 08:00

Saterdag 27 Mei

Witrivier: Ingwenyama Lodge om 09:00

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Vergaderings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.