Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: 23 seeskilpaaie is vry

Donderdag 14 Januarie het die Twee Oseane-akwarium saam met die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) op ’n tog gegaan. Nie ’n reddingstog nie, maar ’n tog waar hulle altesaam 23 seeskilpaaie terug in hul habitat vrygelaat het.

Maryke Musson, hoof van die opvoedingstigting van die akwarium, het gesê al die skilpaaie was by die skilpadhospitaal vir behandeling nadat hulle van verskeie strande gered is.

Daar was 19 baba grootkopseeskilpaaie, 1 jong groen seeskilpad, 1 jong karetskilpad (Hawksbill), en twee volwasse grootkopseeskilpaaie (Loggerhead). Almal was sterk en gesond genoeg om vrygelaat te word.

Annie, die 65 kg grootkopskilpadwyfie in Julie 2019 deur die NSRI by Noordhoek gered nadat sy in ’n groot visnet verstrengel geraak het.

“Sy het ’n lang herstelperiode gehad daarom was dit ’n groot feesviering toe ons haar terug in die diep blou see kon gesit het,” sê Musson.

Luis, die 101 kg grootkopseeskilpad word na die boot gedra op pad na die oseaan toe om vrygelaat te word. Foto: Jaco Marais

Annie en ’n grootkopskilpadmannetjie, Luis wat 101 kg weeg, het satellietmonitors aan hul doppe gekry wat hulle bewegings sal monitor.

Hierdie vrylating kom nadat Alvi en Yoshi reeds in vorige jare vrygelaat is en deur middel van die monitors gevolg word.

Die skilpaaie is sowat 28 seemyl van Kaappunt in ’n warmer seestroom vrygelaat.

Dr. Cleeve Robertson, hoof van die NSRI, het gesê dit was ’n ongelooflike dag om die skilpaaie vry te laat.

“Die vrylating van hierdie gesonde en sterk seeskilpaaie in die oseaan is altyd lekker en regtig ongelooflik spesiaal. Alle skilpadspesies is bedreig, daarom is dit ’n wonderwerk dat hulle ’n tweede kans op die lewe gegun is,” se Robertson.

Hy sê verder elkeen van hierdie skilpaaie is deur iemand wat omgee gered.

“Mense doen steeds goeie dinge,” sê hy.

Die akwarium, NSRI en die departement van landbou, bosbou en visserye, sal saam die skilpaaie monitor.

Musson en Robertson het almal bedank wat by hierdie dag betrokke was.

Reddingswerkers lig vir Luis op teen die boot se rand. Foto: Jaco Marais
Luis, die 101 kg grootkopseeskilpad word na die boot gedra op pad na die oseaan toe om vrygelaat te word. Foto: Jaco Marais
En uiteindelik is die diep blou see net voor sy gesig. Hy is hierna rustig in die water vrygelaat. Foto: Jaco Marais
Annie is op ’n soortgelyke manier in die oseaan in laat sak. Sy is gelukkig 65 kg en nie so swaar soos Luis nie. Foto: Jaco Marais
Negentien baba seeskilpaaie is versorg en terug in hul habitat vrygelaat. Foto: Jaco Marais
Vrywilligers van die Twee Oseane-akwarium hou van die babaseeskilpadjies vas terwyl hulle in die see vrygelaat word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.