Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Beseerde malgas met branderplank gered
Ronald Godfrey Sondag op sy roei-ski naby die beseerde malgas. Foto: Facebook/Saprec

’n Beseerde malgas is Sondag met ’n branderplank uit die see by Sedgefield gered.

Ronald Godfrey, wat op sy roei-ski was, het die malgas opgemerk en die Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart), ’n organisasie wat hom beywer vir die bewaring en redding van seediere en voëls, in kennis gestel.

Die malgas was sowat 150 m van die strand af en daar was visnet om sy snawel.

Volgens die Seevoël-en-pikkewyn-rehabilitasiesentrum (Saprec) het Zanri Schoeman en Tiaan Strydom van George op die noodoproep gereageer.

Die malgas nadat hy gered is. Foto: Facebook/Saprec

Strydom het ’n branderplank by Neels Swanepoel, die eienaar van ’n restaurant op die strand, geleen om by die malgas uit te kom.

Godfrey het die malgas aan Strydom uitgewys en by die malgas gekom, het Strydom die net weggesny. Hy het toe met die malgas op die branderplank strand toe geroei.

Godfrey is lof toegeswaai omdat hy die voorval aangemeld het.

“As dit nie vir Ronald was nie, sou die malgas van die honger gevrek het,” sê Strydom en Schoeman.

’n Skermgreep van die video van Tiaan Strydom met die beseerde malgas. Foto: Facebook/Saprec

Volgens Saprec is die malgas tydelik by Schoeman, ’n stabiliseerder by Saprec wat besig is met haar doktorsgraad oor malgasse. Die malgas sterk goed aan, maar is nog swak.

Volgens Saprec sal die malgas na verwagting egter goed herstel ná sy rehabilitasieproses by die sentrum.

Kyk die video hier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.