Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Blouape maak heerlik moles

’n Trop blouape sorg vir groot vermaak vir die besoekers en hul gesinne in die Krugerwildtuin. Maar hulle kan ook lekker stout wees.

Kennisgewings op elke rondawel se deur in die Skukuza-ruskamp waarsku besoekers om versigtig te wees vir die blouape en bobbejane wat gereeld in die kamp kom kos soek.

blouaap
‘n Blouaap hardloop met haar kleintjie in die een arm vasgeklem weg van ander ape in die trop om haar baba te beskerm.

Dit is vir hulle ’n maklike manier om kos te kry en die besoekers word aangeraai om kos buite bereik van die diere te bêre.

Die diere is glo nie meer bang vir mense nie, aangesien hul mense met kos assosieer. Hulle raak ook soms aggressief om by kos uit te kom. Volgens ’n werker in die kamp is ’n buitelandse toeris verlede week aan die been gekrap deur so ’n blouaap wat wou kos steel.

Die een jong blouaap trek die ander een se stert waar hulle op die sagte gras by Skukuza speel.

Die trop blouape het ook al geleer dat daar lekker vars water is waar hul teen die snikhete van die laatmiddag se somerson kan kom afkoel, terwyl die jonger ape in die trop op die sagte groen gras speel en mekaar se sterte al tergende trek.

Nie ver van waar twee jong blouapies speel nie hou ’n jong ma haar baba beskermend vas en hardloop elke keer weg met die baba in een arm vasgeklem as ander lede van die trop te naby kom.

Dan gaan sit sy weer en laat haar kleintjie verder melk drink, of sy soek goggas in die kleintjie se pels.

Twee jong blouape speel heerlik met mekaar in die Skukuza-ruskamp.
blouaap
‘n Blouaap soek na goggas in die pels van ’n kleintjie op die gras van die Skukuza-ruskamp in die Krugerwildtuin.
‘n Blouaap drink water uit ’n sproeier in die Skukuza-ruskamp.
‘n Blouaap hardloop met haar kleintjie in die een arm vasgeklem weg van ander ape in die trop om haar baba te beskerm.
‘n Blouaap hardloop met haar kleintjie in die een arm vasgeklem weg van ander ape in die trop om haar baba te beskerm.
Die blouaap-ma hou ‘n wakende ogie oor die ander troplede terwyl sy haar baba beskermend vashou.
Meer oor:  Skukuza-Ruskamp  |  Krugerwildtuin  |  Omgewing  |  Blouape
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.