Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
PRETORIA: Soveel water en nóg op pad!
Paaie in Centurion, Tshwane, is Maandag in bruisende watermassas omskep toe kitsvloede dié gebied getref het. Hotelgaste is in die Centurion-hotel vasgekeer, terwyl mense wat langs die Hennopsrivier woon, inderhaas na hoërliggende gebiede gevlug het.
’n Bruin watermassa het John Vorster-rylaan in Centurion Maandagoggend verswelg. Die verkeersligte het darem kop en lig bo water gehou. Foto: Dennis Delport
’n Hotelgas kyk Maandagoggend deur ’n venster van die Centurion-hotel. Hotelgaste is in die hotel in Lenchenweg vasgekeer toe die Hennopsrivier sy walle oorstroom het. Foto: Deaan Vivier
Die Centurion-hotel was Maandagoggend onbereikbaar weens die hewige reën in die gebied wat tot kitsvloede gelei het. Foto: Deaan Vivier
’n Bruin watermassa het verby die Centurion-hotel (regs op die foto) verbygestroom. Foto: Deaan Vivier
Inwoners wat langs die Hennopsrivier in Centurion woon, het inderhaas met hul besittings na hoërliggende gebiede gevlug.Foto: Deaan Vivier
’n Man met ’n swart reënjas stap met sy tas met besittings deur ’n watermassa wat Maandagoggend weens kitsvloede in Centurion ontstaan het. Die Hennopsrivier het sy walle oorstroom. Foto: Deaan Vivier
Mense met sambrele, reënjasse en komberse soek skuiling teen die deurdringende reën in Centurion. Foto: Deaan Vivier
Voertuie staan al hoe dieper in die water weens kitsvloede in Centurion. Foto: Dennis Delport
centurion, kitsvloede
Voertuie staan in die vloedwater geparkeer by die Riverside Place-woonstelgebou langs die Hennopsrivier in Centurion. Foto Deaan Vivier
centurion, kitsvloede
'n Bus sukkel om in Endstraat, Centurion, te draai nadat die Hennopsrivier wy walle oorstroom het. Foto Deaan Vivier
centurion, kitsvloede
Die laagwaterbrug by Endstraat in Centurion is oorspoel deur die Hennopsrivier. Foto Deaan Vivier
centurion, kitsvloede
Die Hennopsrivier het Maandag sy walle oorstroom. Foto: Deaan Vivier
Meer oor:  Gauteng  |  Centurion  |  Oorstromings  |  Kitsvloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.