Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Fokus op ontwikkeling van visboerdery

Die departement van landbou, bosbou en visserye het Donderdag op Wêreldvisserydag gesê hulle spits hulle daarop toe om deur middel van Operasie Phakisa, Suid-Afrika se mariene hulpbronne teen oorbevissing te beskerm, en om die ontwikkeling van visboerdery te versnel.

Afgevaardigdes van die departement het Wêreldvisserydag in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gevier.

Wêreldvisserydag is Donderdag in Port Elizabeth gevier. Dié vissermanne het sardyne in die hawe geweeg en verpak. Foto’s: Lulama Zenzile

Dié dag is in 1998 begin om die aandag te vestig op die probleme van oorbevissing.

Dit word jaarliks wêreldwyd gevier om te beklemtoon hoe belangrik dit is om die wêreld se visserye te handhaaf en hoe kritiek belangrik dit ook vir die samelewing en die ekostelsel is.

Siphokazi Ndudane, adjunk-direkteur-generaal van die departement, sê hulle is trots daarop dat mense ’n bestaan kan maak uit oseane, riviere, mere en varswaterbronne.

Inspekteurs van die departement van landbou, bosbou en visserye het Donderdag seker gemaak vissersbote voldoen aan die reëls en regulasies.

“Oor die wêreld heen is daar ’n toename in die vraag na vis. Dit verskaf proteïne, is maklik om te kook en het baie voedingswaarde.”

Ndudane sê die vis in oseane word weens klimaatsverandering, die vernietiging van die oseane, oorbevissing en stropery al hoe minder.

Al dié faktore het ’n invloed op die spoed waarteen vis in die oseane kan voortplant.

“Die departement gaan maniere vind om die produksie van vis (deur middel van visboerdery) in die volgende vyf jaar tot meer as 20 000 ton op te stoot.

“Visboerdery het die vermoë om baie werkgeleenthede te skep, selfs in die mees afgeleë gebiede.”

Ndudane het beklemtoon dat visboerdery nie iets is wat uniek is aan die oseaan nie. Dit word ook in die binneland gedoen.

“Die departement het in die binneland damme wat aan hulle behoort. Ons wil die fokus ook hier vestig.”

Oor die uitdagings wat die departement in die Oos-Kaap ondervind, sê Ndudane werkers, wat reeds dun gesaai is, moet ’n kuslyn van meer as 4 000 km polisieer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.