Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Inwoners juig oor reën in Upington
Motors was Donderdag byna toe onder die water in Upington. Foto: Deshi Ngxanga/Twitter-blad
Inwoners het Donderdag in Upington in die Noord-Kaap gejuig toe reën in dié normaalweg dorre streek geval het.Foto: Deshi Ngxanga/Twitter-blad
Groot reën in Upington in die Noord-Kaap het ook skade veroorsaak. Dié huis behoort aan Nicole Beukes.Foto: Anena Burger

Inwoners het Donderdag in Upington in die Noord-Kaap gejuig toe reën in dié dorre streek val.

“Die motors in die parkeerterrein by die Pick n Pay het so byna weggespoel en mense moes deur massas water sukkel om by hul huise uit te kom, maar almal is gelukkig en dankbaar vir die reën,” sê Anena Burger, Netwerk24 se korrespondent in die Upington-omgewing.

“Dit was ’n droë klompie jare – soos wat boere in distrik kan getuig – maar almal juig nou oor die reën. Ek woon al 12 jaar hier en ek moet erken dat Upington baie lanklaas sulke reën gesien het,” sê Burger.

In een van die video’s wat inwoners Donderdag op Twitter gedeel het, swem ’n man selfs soos ’n wafferse Olimpiese swemmer tussen geboue.

Volgens Melinda Landman, bestuurder van ’n private ambulansdiens in Upington, is geen ernstige voorvalle aangemeld nie.

“Die reën het aanhou uitsak en motors was halfpad toe onder die water – dit het soos ’n reuserivier gelyk waarvan die walle oorstroom het!

“Die reën bring groot verligting, veral onder die boere wat die laaste ruk op moedverloor se vlakte was weens die droogte,” sê Landman.

Ao. Anna van Dyk, ’n polisiebeampte in Upington, sê sy kon haar oë nie glo toe sy deur die venster van die polisiekantoor die reën sien uitsak nie. “Dit het jare gelede laas hier so gereën.”

Van Dyk sê dit het van 15:00 tot 17:00 onophoudelik gereën. “Ek het in ’n stadium gewonder of ons almal hier gaan wegspoel,” lag sy. “Ons is baie bly oor die reën.”

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër in die week voorspel dat plekke soos Postmasburg, Kimberley en De Aar reën kan verwag.


Meer oor:  Droogte  |  Upington  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.