Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Kaapse kinders betoog oor omgewingsake
Die jong mense van Kaapstad het Vrydag kleurvolle plakkate vasgehou. Foto: Jaco Marais

’n Groot groep jong mense van Kaapstad het Vrydag by die parlement opgedaag om bewustheid oor omgewingsake te skep.

Die betoging vorm deel van ’n reeks betogings deur kinders en tieners wêreldwyd wat daarop gemik is om omgewingskwessies soos klimaatverandering te pak.

Dit vorm deel van die wêreldwye beweging deur ’n Sweedse meisie, Greta Thunberg wat Vrydae op haar eie voor die Sweedse parlement betoog het.

Thunberg is genomineer vir ’n Nobelprys vir vrede.

Sy het vreedsame betogings deur tieners in 105 lande, insluitende Europa, Australië en Amerika geïnspireer.

Die jong mense van Kaapstad het Vrydag kleurvolle plakkate vasgehou waarop staan: “Daar is nie ’n planeet B nie”, “die klimaat verander, hoekom kan ons nie?” en “ons kan nie olie drink nie, ons kan nie geld inasem nie”.

Van die plakkate het foto’s van pres. Donald Trump van Amerika opgehad, met die byskrifte “this ain’t fake news”, en “make our planet cool again”.

Baie van die kinders was in hul skoolklere geklee en het saam met hul onderwysers en ouers opgedaag. Van die kinders, onderwysers en sommige kerkleiers het toesprake gehou en die regering en ander belanghebbendes gemaan om dringend op te tree om die omgewing te bewaar en beskerm.

Greta Thunberg het vreedsame betogings deur tieners in 105 lande geïnspireer. Foto: Jaco Marais
Van die kinders was in hul skoolklere geklee en het saam met hul onderwysers en ouers opgedaag.Foto: Jaco Marais
Foto: Jaco Marais
Die betoging vorm deel van ’n reeks betogings deur kinders en tieners wêreldwyd. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Omgewingsake  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.