Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Man bring 48 uur saam met aasvoëls deur

’n Kurator van die Cango Wildlife Ranch-wildbesigtigingsentrum in Oudtshoorn gaan 48 uur saam met vier Kaapse aasvoëls deurbring om te wys dat mense en dié voëls in harmonie kan saamleef.

Delano Mulder het Vrydag om 09:00 die aasvoëls se kamp binnegegaan. Hy sal tot Sondag om 09:00 daar bly.

Delano Mulder, kurator by die Cango Wildlife Ranch-wildbesigtigingsentrum in Oudtshoorn, Vrydag nadat hy die aasvoëls se kamp binnegegaan het. Foto: Verskaf

“Hy bly saam met die aasvoëls en kan net elke vier uur die badkamer gebruik,” sê Mari-Lize Warrington, bemarkingsbeampte van die sentrum.

Die sentrum se restaurant verskaf Mulder se kos.

Mulder wil die tyd saam met die aasvoëls deurbring om mense meer bewus te maak van die voëls, om te wys dat mense en die voëls in harmonie kan saamleef en dat die stigma wat aan die voëls kleef, ver verwyderd van die waarheid is.

As kurator sien Mulder onder meer om na die sentrum se aasvoëls, wat uit twee wyfies en twee mannetjies bestaan.

Die sentrum sê in ’n verklaring die twee mannetjies gaan binnekort na VulPro, ’n organisasie wat hom beywer vir die bewaring en voortbestaan van aasvoëls, by Hartebeespoortdam in Noordwes. Daar sal hulle in die organisasie se broeiprogram ingesluit word. Indien die twee se rehabilitasie suksesvol is, sal hulle later vrygelaat word.

’n Witrug- en ’n swartaasvoël sal by Cango Wildlife Ranch ingeneem word. Die Kaapse en die swartaasvoël is ’n bedreigde spesie en die witrugaasvoël kritiek bedreig.

  • Mense kan Mulder se vordering hier volg.
Meer oor:  Oudtshoorn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.