Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Skouspelagtige donderstorm oor Oudtshoorn
Skouspelagtige weerligstrale Woensdagmiddag in die rigting van Oudtshoorn soos gesien vanaf die pad tussen George en Oudtshoorn. Foto: Karl-Martin Ritter von Felbinger

Foto’s van skouspelagtige weerligstrale en stormreën oor die Oudtshoorn-gebied Woensdagmiddag is reeds deur bykans 1 000 mense op Facebook gesien.

Die weerlig het ook twee bome getref wat toe aan die brand geslaan het, onderskeidelik in Rademeyer-straat en in Wesbank naby die Infanterieskool, sê Ntobeko Mangqwengqwe, ’n munisipale woordvoerder, by navraag.

Die brandweer het die brande geblus. “Geen eiendom, mens of dier is gelukkig beseer nie.”

Volgens hom het sowat 15 mm reën in 10 minute in Oudtshoorn geval. ’n Kleinerige vloed het in die GC-kamp, ’n informele woongebied, voorgekom, maar geen bystand is benodig nie.

Die weerlig en reën soos gesien vanaf die George-Oudtshoorn-pad. Foto: Karl-Martin Ritter von Felbinger
Weerligstrale blits oor die pad tussen Oudtshoorn en George. Foto: Karl-Martin Ritter von Felbinger

Die donderstorm en weerlig was ook sigbaar vanaf die N12 tussen George en Oudtshoorn. Dit het behoorlik op die Facebook-blad Oudtshoorniete Staan Saam gegons toe foto’s van die weerlig daar geplaas is.

Die foto’s is deur Karl-Martin Ritter von Felbinger met sy slimfoon geneem.

Volgens Ritter von Felbinger was hy en sy vrou, Isa, laatmiddag van George terug na Oudtshoorn op pad, waar hulle woon.

Dit lyk op hierdie foto of die weerlig dalk die grond kon tref tydens ’n donderstorm soos gesien op die pad tussen George en Oudtshoorn. Foto: Karl-Martin Ritter von Felbinger

“Dit was so 17:20. Ons was net verby Holgate toe ek die foto’s geneem het,” sê hy. Dit wys onder meer hoe weerligstrale in die verte oor Oudtshoorn blits.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit sê luidens ’n vroeëre waarskuwing is donderstorms met moontlike hael, sterk wind en swaar neerslae vir Woensdag oor die Prins Albert-gebied voorspel, wat dan na Uniondale sou beweeg. Die storm het egter na Oudtshoorn beweeg.

Oudtshoorn was Donderdag deels bewolk. Vir Vrydag voorspel die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n temperatuur van 38 °C en vir Saterdag en Sondag onderskeidelik sonnige en bewolkte weer.

Meer oor:  Oudtshoorn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.