Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Sneeu val en riviere loop die naweek

Die Bulshoekdam, 8?km stroomaf van die Clanwilliamdam in die Wes-Kaap. Foto: Anna Bothma/Reënval SA/Twitter

Wydverspreide reën regoor die land het die naweek verligting gebring, en in die droogtegeteisterde Oos-Kaap het daar op plekke tot 200 mm binne twee dae geval.

Reënval is gemeet van Kaapstad, regdeur die land tot bo in Polokwane.

Die woonbuurt Stofwolk buite Hankey in die Oos-Kaap was Saterdag onder water. Foto: Jonelda Senekal/Twitter
Die Swartbergpas was Saterdag nie ’n plek vir sissies nie. Voertuie moes omdraai en mense het lank gewag om by mekaar verby te kom, het Retha Collett op Twitter laat weet. Foto: Retha Collett/Twitter

Swaar sneeu het veroorsaak dat bergpasse soos die Lootsbergpas op die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg, asook en die Swartbergpas tussen Prins Albert en Oudtshoorn, Saterdag gesluit was. In die Lootsbergpas het daar Saterdag nege vragmotors vasgesit.

Behalwe vir die kwaai sneeu in die Suid- en Oos-Kaap het dit ook swaar gereën. In die 48 uur van Vrydagoggend 08:00 tot Sondagoggend 08:00 het dit ’n volle 200 mm in Joubertina gereën, en 195 mm in die Tsitsikamma.

Die afloop na Nelson Mandelabaai se hoofopgaardamme, wat kritiek laag was, het reeds begin en die Kougadam was Sondag 13,63% vol.

Die Kleinrivier by Patensie het Saterdag afgekom en die woonbuurt Stofwolk in Hankey is oorstroom. Die Kromrivier by Kareedouw was ook in vloed.

Van die hoogste reënvalsyfers wat die naweek gemeet is, is Knysna (100 mm); Plettenbergbaai (120 mm), George (45 mm); Mosselbaai (43 mm); Joubertina (200 mm); Patensie (58 mm) en Tsitsikamma (196 mm). Van dié syfers kan hoër wees wanneer die jongste reënval deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens bevestig word.

In KwaZulu-Natal het dit ook wyd gereën en die hoogste reënval is by die Mbazwana-vliegveld (42 mm) gemeet.

Enkele millimeter is ook op verskeie plekke in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes aangeteken met die hoogste reënval in Ermelo (14 mm) en Barberton (9 mm).

Dit het ook wyd gereën in die Wes-Kaap met die reën in Villiersdorp (6 mm) en in die opvangsgebiede van die hoofopgaardamme vir Kaapstad wat verdere invloei van water sal beteken aan die einde van die reënseisoen hier.

’n Kameelperd in die sneeu in die Oos-Kaap. Die foto is Saterdag op die Twitter geplaas. Foto: Reënval SA/Twitter
Olifante in die sneeu in die Oos-Kaap op ’n foto wat ook Saterdag op Twitter geplaas is. Foto: Reënval SA/Twitter



Meer oor:  Riviere  |  Sneeu  |  Reën  |  Reënvalsyfers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.