Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Steelfoto’s van Kaapse dierespesies

Met behulp van versteekte kameras in natuurreservate van die Kaapstad-metro kon ’n navorser foto’s neem van soorte diere – onder meer ’n luiperd, jakkalse, muishonde en ystervarke, sonder dat hulle eens weet hulle is afgeloer.

Andrea Schnetler, ’n intern by die metro wat onlangs haar meestersgraad in natuurbewaring voltooi het, het in haar navorsing gefokus op die faktore wat die verskeidenheid spesies beïnvloed in stedelike natuurreservate soos dié in Kaapstad.

Die Kaapse Grysbok.

“Kameras is op 151 plekke in die 12 natuurreservate in Kaapstad geplaas om die diere af te neem,” lui ’n verklaring.

“Die kameras is gebruik om die soogdiere af te neem terwyl hulle ongestoord gelaat word.

“Daar is 19 inheemse spesies aangeteken waaronder een omnivoor, 11 karnivore en sewe herbivore. Die verskillende spesies weerspieël 49% van die 39 spesies wat histories in die gebiede was.”

’n Rooikat.

Die doel van die navorsing is om uit te vind watter medium- en groot soogdierspesies nog in die natuurreservate in die Kaapstad-metro oorleef en waarom sommige reservate meer spesies het as ander. Dit is tussen Mei 2017 en Februarie 2019 gedoen.

“Dit was gerusstellend dat die meeste spesies nog in reservate teenwoordig was,” sê Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir omgewing en ontwikkelingsbeplanning.

“Die status van die diere in ons reservate is ’n belangrike aanduiding van die gesondheid van die ekosisteem. Die bevindinge is baie nuttig en ons is trots op hierdie leersame navorsingstuk deur ons eie personeellid.”

’n Chacma-bobbejaan.

Die spesies wat aangeteken is, sluit vier verskillende boksoorte in; drie verskillende muishondspesies; drie hase; twee spesies muskeljaatkat; ’n gestreepte muishond; ’n Europese dassie; ’n Kaapse kloulose otter; ’n Kaapse jakkals; rooikatte; ’n luiperd, ’n chacma-bobbejaan en ’n ystervark.

“Dit was ’n voorreg om elke reservaat te kon verken terwyl ons die kameras opgestel het,” sê Schnetler.

“Dit was opwindend om te sien watter spesies die kameras vasgevang het, veral dié waaroor ons nie seker was of hulle nog in ’n reservaat is nie.

Die luiperd wat in die nag afgeneem is.

“Die instandhouding van biodiversiteit in stedelike reservate sal waarskynlik die beste bereik word deur geskikte habitat te bewaar en te vestig. Dit sal veral die soogdiere help wat op groter gebiede staatmaak,” sê sy.

Baie van die groot reservate en bewaringsgebiede wat goed met ander natuurlike gebiede verbind is, blyk belangrik te wees vir die oorlewing van die soogdierspesies in Kaapstad.

Die navorsing het getoon dat groot hoeveelhede natuurlike habitat die rede vir verskeidenheid spesies en die teenwoordigheid van groot vleisetende diere is.

Daar is ook gevind kleiner karnivore oorleef beter as herbivore en groot vleisetende diere. Dit is waarskynlik te wyte aan die aantal en verskeidenheid klein prooi wat beskikbaar is.

Meer oor:  Andrea Schnetler  |  Muishonde  |  Foto's  |  Luiperd  |  Kaapstad-Metro  |  Ystervarke  |  Versteekte Kameras  |  Jakkalse  |  Natuurreservate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.