Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Storm nie sommer ’n hierjy

Dit was nie sommer ’n hierjy-storm wat Maandagaand oor die binneland uitgesak het en reënmeters sedert die naweek tot by die 100 mm-merk volgemaak het nie.

Kevin Ingram van die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê tropiese vog wat steeds oor die land sit, veroorsaak goeie reënval in die oostelike dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes.

Swaar wolke pak saam by die N6 tussen Bloemfontein en Reddersburg, waar tot 99 mm reën Maandag gemeet is. Foto: Storm Report SA

“Die donderstorm wat uit dié goeie vog ontwikkel, het ’n hoër voginhoud gehad en was nie sommer ’n wishy-washy storm nie.”

Dit, tesame met die bolug en stewige oppervlaktrog, is ideaal vir goeie reënval.

Die oostelike dele van die Noord-Kaap, soos De Aar (11 mm), Katu (5 mm), Kuruman (14 mm), Noupoort (14 mm) en Vaalharts (16 mm) het Maandagaand reën gekry.

In die Vrystaat het ’n vloed Maandag deur die Bloemspruit-kanaal in Bloemfontein, waardeur gewoonlik net ’n klein stroompie vloei, gestroom.

Maandagaand alleen is 32 mm in Fichardtpark en 25 mm by die lughawe hier gemeet.

Swaar wolke pak saam by die N6 tussen Bloemfontein en Reddersburg, waar tot 99 mm reën Maandag gemeet is. Foto: Storm Report SA
Die Bloemspruit-kanaal vloei sedert die naweek sterk nadat tot 90 mm by plekke soos Bainsvlei in die stad gemeet is. Foto: Elna Lush/Reënval in SA

By Trompsburg in die Vrystaat, wat die laaste paar maande verlammende droogte ervaar het, is ná Maandagaand se goeie reën reeds 80 mm vir Februarie gemeet.

Hendri van Schalkwyk van Trompsburg se boerevereniging sê die reën van die afgelope week het groot verligting gebring.

“Ek dink selfs dit het die erge skade van die droogte tot ’n mate herstel.”

Bothaville het 21 mm gekry en Witsieshoek 20 mm. By Hennenman is 28 mm gemeet en by Fouriesburg 19 mm.

In Noordwes het Bloemhof 40 mm reën Maandagaand gekry en Potchefstroom 20 mm.

Hewige donderstorms word vir Dinsdag verwag oor die westelike dele van die Vrystaat, verre noordoostelike dele van die Noord-Kaap, suidwestelike dele van KwaZulu-Natal, asook die noordoostelike binneland van die Oos-Kaap.

By Lichtenburg in Noordwes is Dinsdagoggend 40 mm gemeet. Foto: Jan Coetzee/Reënval in SA
Die Mimosa Mall-inkopiesentrum in Bloemfontein het Maandag soos een groot dam gelyk, sê Elna Lush, wat in die stad woon. Foto: Elna Lush/Reënval in SA
Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Vrystaat  |  Noord-Kaap  |  Noordwes  |  Reën  |  Storm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.