Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Swartmamba van 2 m by woonstelle gevang

’n Swartmamba van meer as twee meter lank het die inwoners van ’n woonstelblok in Tongaat naby Durban behoorlik die skrik op die lyf gejaag.

Prem Balram van die Reaction Unit South Africa (Rusa), sê ’n vrou het verlede Vrydag die maatskappy gebel om hulp te vra.

Die vrou het gesien die slang lê onder die trappe van die woonstelgebou in Saxonstraat.

Balram sê van Rusa se veiligheidswagte het gaan ondersoek instel en gesien dit is ’n swartmamba.

Omdat dié slange so gevaarlik is, is Jason Arnold, ’n professionele slangvanger, se hulp ingeroep.

Arnold, van Universal Reptiles, het die slang blitsig gevang en verwyder sonder enige voorval. Die slang is 2,2 meter lank, sê Balram.

Meer oor:  Swartmamba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.