SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Omgewing
Tornado in KwaZulu-Natal eis 2

Minstens twee mense is dood en 20 beseer in die tornado wat Dinsdag by New Hanover in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, voorgekom het.

Ross Campbell, ER24-woordvoerder, sê twee mense van die Mpolweni-nedersetting naby Wartburg is aan beserings dood wat hulle in die erge storm opgedoen het.

Die nooddiens is omstreeks 17:20 deur provinsiale rampbestuurpersoneel na die nedersetting ontbied waar ander paramedici reeds besig was om nege mense te behandel.

Die twee mense is op die toneel dood verklaar.Hy sê ER24 het nog nege mense vir geringe en matige beserings behandel en hulle is na verskeie hospitale vervoer. 

“Die provinsiale nooddienste het nog twee mense behandel. Die totale getal mense wat hier in die tornado beseer is, is 20.”

Hy het gesê ’n vrou het ook ernstige beserings opgedoen nadat sy beheer oor haar voertuig tydens die storm verloor het.

“Talle diere is ook tydens die tornado vrek of beseer terwyl kragpale beskadig is. Soos vroeër berig, is ’n video van die tornado Dinsdagmiddag wyd op sosiale media gedeel.


’n Video van ’n tornado wat Dinsdagmiddag in New Hanover in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, geneem is, het Dinsdag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens kon teen die aand nog nie bevestig of dit wel ’n tornado was nie, maar het gesê dat die moontlikheid groot is dat dit wel een was.

“Verskeie waarskuwings oor erge donderstorms in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is uitgereik. Enige erge donderstorm het die potensiaal om ’n tornado te vorm as die toestande gunstig is.”

Sipho Hlomuko, LUR vir die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in KwaZulu-Natal, het in ’n verklaring gesê rampbestuurspanne is na Hanover in die Mshwathi-munisipaliteit ontbied.

“­’n Voorlopige verslag wat saamgestel is, bevestig dat talle mense wat beseer is in hospitale behandel word. Huise het ineengestort, bome is ontwortel en kragtoevoer is onderbreek. Ons spanne werk hard om ondersteuning te bied aan gemeenskappe wat geraak word,” sê Hlomuko.

Die storm het verwoesting gesaai.Foto: Facebook KZN Cogta
Boom ontwortel in Queensburgh.Foto: Facebook/Storm Report SA

Hy sê sy vrees is dat mense dood of vermis is.

Hy sê inwoners moet versigtig wees, aangesien moontlike storms steeds ’n gevaar vir die provinsie inhou.

Waarskuwings is op sosiale media uitgereik. Op Twitter skryf die Suid Afrikaanse Weerdiens: “Die erge donderstorms het seewaarts beweeg, maar daar is steeds ’n paar donderbuie op plekke in KwaZulu-Natal wat na verwagting tot middernag sal voortduur. Dit sal gemonitor word en waarskuwings sal uitgereik word.”

Ntandoyenkosi Dlamini, ’n inwoner van Pietermaritzburg, het in ’n telefoniese onderhoud aan Netwerk24 gesê sy het die tornado gehoor. Sy sê nadat die waarskuwings oor die storm uitgereik is, het sy gejaag om by die huis te kom.

Volgens haar reën dit nog hard in haar omgewing en vroeër het daar hael geval. Sy sê dat paaie oorstroom is.

Meer oor:  Tornado  |  Weerdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.