Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Trop beeste gered ná rivier afkom

Meer as 180 beeste is Sondag in die omgewing van die Bethuliedam gered nadat hulle vasgekeer is toe die Oranjevier vinnig ná swaar reën gestyg het.

Kapt. Kerneels Simes, bevelvoerder van die polisie se veediefstaleenheid in die gebied, sê hulle het Sondag die hele dag beeste verskuif wat op ’n sandbank vasgekeer was.

Die beeste is deur die water by die Caledon- en Oranjerivier se samevloeiing hoër op in die rivier, sowat 4 km van die brug, met die hulp van ’n helikopter tot by die naaste oewer aangejaag.

Kapt. Abrie van Wyk, die vlieënier, met kol. Conrad Fouché op die agtersitplek by die kalf wat gered is.Foto: Kerneels Simes

Die operasie is gelei deur Simes en kol. Conrad Fouché van Welkom se duikeenheid. Kapt. Abrie van Wyk van Bloemfontein was die vlieënier.

Die beeste het al in water gestaan toe die eenheid daar opdaag. ’n Kalf van drie dae oud is laaste gered en in die helikopter gelaai. Of die kalf met sy ma herenig is, is teen Maandagmiddag nog nie bevestig nie.

“Die water het baie gestyg en die beeste is op die hoë slikbanke in die rivier vasgekeer. Sondag teen 18:00 het die water steeds gestyg. Ongelukkig was daar ses beeste wat ons nie kon red nie.

“Daar was ook perde vasgekeer. Hulle was aan noordelike oewer van die rivier gestrand. Die perde wou nie hul samewerking gee nie, maar die reddingspan was nie bekommerd nie omdat perde gewoonlik goed kan swem,” sê Simes.

In sy 33 jaar in Bethulie is dit nie die eerste keer dat die rivier so vinnig so hoog styg nie.

Volgens hom is diere wat vasgekeer word ’n algemene verskynsel ná goeie reën, veral by die Caledonrivier se invloei by die Oranjerivier.

Die watervlak het Maandag al ’n bietjie gedaal.

“Die Gariepdam is vol. Ná nog reën sal die rivier verder styg – en ons verwag nog swaar reën.”

Die beeste word met die helikopter aangejaag. Foto: Kerneels Simes
Die kalfie is per helikopter in veiligheid gebring. Foto: Kerneels Simes
Die water het vinnig gestyg en ’n trop beeste is op ’n sandbank vasgekeer. Foto: Verskaf
Die polisie se veediefstaleenheid het met die hulp van ’n helikopter die vasgekeerde beeste gered.Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.