Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kyk: Vierde tornado tref KZN
Die vierde tornado in twee weke in KwaZulu-Natal.Foto: Twitter/Sakhile Magalela

Saterdagmiddag het nóg ’n tornado KwaZulu-Natal getref - dié keer in die omgewing van Ulundi.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n twiet aangestuur van Sakhile Magalela wat wys hoe ’n tornado kontak met die grond maak.

Volgens Magalela is niemand beseer nie.  

’n Man kyk toe hoe die tornado beweeg.Foto: Twitter/Sakhile Magalela
Die wolkemassa en tregter van die tornado Saterdagmiddag by Ulundi. Foto: Twitter/Sakhile Magalela

Dié jongste tornado het voorgekom terwyl lede van KwaZulu-Natal se department van samewerkende regering Saterdag ontplooi is nadat 'n tornado Vrydagaand die omgewing van Utrecht getref het.

Sipho Hlomuka, LUR vir die departement van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede in die provinsie, het mense gewaarsku om eers na weersvoorspellings te kyk alvorens hulle lang ritte aanpak met die swaar reën wat die paaie gevaarlik maak. Hy het mense ook gemaan om versigtig te wees wanneer hulle oor brûe wil ry of loop.

Vroeër het twee tornado’s by eMpolweni in New Hanover asook by Bergville skade aangerig. 23 mense is sedert Oktober in weerverwante voorvalle dood in die provinsie. 

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Tornado
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.