Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Vloedwater op plaas in Wes-Vrystaat ná erge reën

Dit het die afgelope tyd behoorlik in die Wes-Vrystaat gereën en op sommige plase tussen Hoopstad en Bloemhof het van Maandag tot Dinsdagmiddag 140 mm geval.

Naas Strydom, wat op Steenbokpan tussen Bloemhof en Hoopstad boer, het 85 mm gemeet. Hy sê daar is boere wat meer reën gekry het.

Hy sê op die meeste plase is tot dusver vir Januarie 110 mm gemeet, en hier en daar het boere skade gely weens die baie reën.

“Daar is waterskade, maar die meeste oeste lyk mooi. Ons kort nou net sonskyn,” sê hy.

Strydom sê hy glo nie daar is boere wat hul oeste verloor het nie, maar lande het wel verspoel.

Axinia Sethabela, voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens se kantoor in Bloemfontein, sê ’n bolugtrog oor Namibië het veroorsaak dat baie vogtige lug oor die land ingevloei het.

Saam met ’n afsnylaag het dit goeie neerslae in Namibië, die Noord-Kaap, Noordwes en dele van die Vrystaat gebring.

Mielielande by Hoopstad was Woensdag nog onder water nadat dit Maandag en Dinsdag gereën het. Die foto is op die plaas Steenbokpan geneem. Foto: Naas Strydom
Reënwater het plek-plek mielielande in die Wes-Vrystaat oorstroom. Foto: Naas Strydom
Meer oor:  Boerdery  |  Landbou  |  Naas Strydom  |  Hoopstad  |  Bloemhof  |  Reën  |  Vloedwater  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.