Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Weskus-blommeprag

As daar nou een plek is waar ’n mens maar ingeperk kan wees, is dit in Strandfontein aan die Weskus wanneer dit blomtyd is.

Tania Fouché, jarelange inwoner van dié omgewing, sê ná die beste reën in byna tien jaar daar, het die aarde dankbaar gereageer met plate blomme in geel, oranje, wit, pers, pienk . . .

Fouché sê dit blom nou al tien dae so pragtig. Dit is ietwat vroeër as gewoonlik omdat die blomme altyd eers later in Augustus in dié deel van die Weskus uitkom.

Na goeie reën staan die blomme bankvas in Strandfontein aan die Weskus. Foto: Tania Fouché
Blomme steur hulle nie aan inperking nie. Foto: Tania Fouché
Oranje, geel, wit, pers . . . dit is blommetyd aan die Weskus. Foto: Tania Fouché
Dit is nie amptelik lentetyd nie, maar beslis blomtyd aan die Weskus. Foto: Tania Fouché
Dit is ’n pad ’n waar mens beslis van kan afdraai om blomme te gaan kyk. Foto: Tania Fouché
Daar waar die teerpad eindig, dit is waar dit blom. Foto: Tania Fouché

Meer oor:  Strandfontein  |  Weskus  |  Reis  |  Blomme  |  Vakansie  |  Blomme 2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.