Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Leeu gevang nadat hy uit Karoo-park ontsnap
Sylvester die rondloperleeu.Foto: Leánne Stander

’n Leeu wat uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, is gevang nadat hy ’n perd en vier merino-skape doodgebyt het.

Die leeu is veilig op pad terug na die park, het Fayroush Ludick, woordvoerder van Sanparke, Woensdagmiddag gesê.

’n Boer het die park se bestuur Maandag verwittig dat hy leeuspore op sy plaas gekry het. Veldwagters is dadelik soontoe om die spore van naderby te bekyk. Hulle het bevestig dit is leeuspore. Veldwagters van die Addo-olifantpark en die Bergkwagga-park het met die soektog kom help.

’n Hanteerder en ’n spoorsny-hond van die Wildernis-stigting het ook die jong mannetjie se spore gevolg tot waar hy in ’n dig beboste gebied op ’n wildplaas tussen Nelspoort en Drie Susters geskuil het. Pogings is aangewend om die leeu uit die bosse te kry sodat hy verdoof en na die park teruggeneem kan word.

’n Helikopter van Sanparke en ’n veearts het gereed gestaan om die leeu te verdoof.

Ludick het gesê Sanparke probeer vasstel waar die leeu ontsnap het.

In 2015 en 2016 het die leeu Sylvester twee keer uit die park ontsnap. Hy is na die Kuzuko Lodge-natuurreservaat in die Oos-Kaap verskuif, waar hy onlangs die pa van twee welpies geword het.

’n Luiperd is onlangs die eerste keer tot nog toe met ’n kamera-strik in die Karoo Nasionale Park afgeneem. Dit is deel van ’n navorsingsprojek om wild te monitor. Volgens Sanparke was daar nog nooit vantevore fotografiese getuienis van luiperds in die park nie. Dit is onbekend wanneer ’n luiperd laas in die Nuweveldberge gesien is, maar omtrent 25 jaar gelede het ’n motoris blykbaar een op die N1 noordoos van Beaufort-Wes gesien.

Meer oor:  Karoo Nasionale Park  |  Natuurbewaring  |  Dierebeskerming  |  Leeu  |  Wild  |  Ontsnapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.