Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Leeu-kwessie: SA Jagters verwelkom verslag

Die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging en Sanparke het die departement van bosbou, visserye en omgewingsake se hoëprofielverslag oor die leeubedryf verwelkom.

Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, het Sondag die verslag uitgereik waarin onder meer gesê word dat die leeubedryf in sy huidige formaat tot niet gemaak moet word en dat geblikte leeujag verbied moet word.

SA Jagters sê in ’n mediaverklaring op sy webblad hy het in 2015 sy lede gevra om nie met diere handel te dryf of te boer wat in aanhouding geteel is nie en die vereniging moedig sy lede aan om diere op ’n natuurlike wyse aan te hou in gebiede met ’n uitgebreide veldlewe.

Die teel en aanhou van leeus in aanhouding is een van die praktyke wat in die verslag van minister Barbara Creecy as problematies uitgelig word. Foto: Alet van der Walt

Die vereniging sê die wildbedryf kan help om die natuur te bewaar en om volhoubaar die land te ontwikkel. Die regering kan nie alleen die land se natuurerfenis bewaar nie. Belanghebbendes moet pragmaties wees om te verseker dat die omgewing bewaar word.

Fundisile Mketeni, hoof van Sanparke, sê hulle beskou die verslag as van historiese belang en dat dit sal help om die natuurlewe in Suid-Afrika verantwoordelik en volhoubaar te bestuur.

Sanparke het veral die verbod op geblikte leeujag verwelkom en sê dit sal die land in ’n positiewe lig stel, gegewe die huidige negatiewe lig waarin bewaringsinstansies en toeriste dit beskou.

Sanparke hoop ook dat die verwagte opbloei in toerisme nie net werksgeleenthede sal red nie, maar dat dit ook nuwe deure sal oopmaak vir mense wat tot nou toe op leeujag vir ’n inkomste staatgemaak het.

Mketeni sê die land sou toenemend met natuurliefhebbers, bewaringsinstansies en ander lede van Cites gebots het omdat die teel van diere in aanhouding vir dié groepe ’n probleem is.

Hy sê Sanparke sal ’n groot rol speel om die aanbevelings in die verslag te implementeer om sodoende spesies soos renosters, olifante, leeus en luiperds te bewaar.

Maryn Goldblatt van die Suid-Afrikaanse Roofdiervereniging (Sapa) sê hulle is nog besig om die lywige verslag te bestudeer en sal Woensdag ’n mediaverklaring daaroor uitreik.

Leeutelers met wie Netwerk24 voorheen gepraat het, sê hulle het binne die wet opgetree en sal nie net nuwe wetgewing aanvaar nie. Hulle sal nie toelaat dat hul leeus voor die voet van kant gemaak word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.