SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Omgewing
Leeus in Rietvlei dalk vir moetie gestroop

Vier leeus is Donderdagnag in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria vrek gemaak en vermink.

Dana Wannenburg, burgemeesterskomiteelid vir omgewings- en landboubestuur in die Tshwane-metroraad, noem dit in ’n mediaverklaring ’n “hartseerdag” vir die stad.

“Bewaringsbeamptes het die verminkte karkasse vanoggend (Vrydag) in die leeukamp gevind. Hul kakebene en pote is verwyder.”

Die polisie en die veediefstaleenheid is na die toneel ontbied. Hoewel die ondersoek nog in ’n vroeë stadium is, lyk dit of die leeus vergiftig is voordat hul liggaamsdele vir moetie-doeleindes verwyder is. Die karkasse is na Onderstepoort geneem vir ontleding, in die hoop dat dit kan help met die ondersoek.

“Hierdie wrede daad sal nie ongestraf bly nie,” het Wannenburg gesê. “Tshwane se bewaringsamptenare, die polisie, asook nasionale en provinsiale staatsdepartemente sal onverpoos werk om die skuldiges te identifiseer en vas te trek.”

Volgens Wannenburg was Rietvlei se leeus Tshwane se trots en ’n groot toeriste-aantreklikheid. “Die verlies sal nog jare lank gevoel word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.