Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Leonardo DiCaprio wil die ‘Greta-effek’ inspan

Die Oscar-bekroonde akteur Leonardo DiCaprio (44), wat bekend is vir sy omgewingsaktivisme, het die Sweedse tiener Greta Thunberg (16) ontmoet en haar as ’n “leier van ons tyd” beskryf.

Greta geniet hoë aansien en beroemdheid danksy sosiale media en haar emosionele toespraak op die Verenigde Nasies se klimaatberaad in September.

Haar klimaat-aktivisme staan as die “Greta-effek” bekend en sy is ’n ikoon sedert sy in Augustus 2018 by die skool gedros het om buite die Sweedse parlement te gaan staan om aan te dring op strenger maatreëls teen klimaatsverandering.

DiCaprio het ’n foto van sy ontmoeting met Greta op sosiale media gedeel.

DiCaprio sê in ’n inskrywing op Instagram hy hoop haar boodskap laat ander mense wakker skrik.

“Die toekoms sal ons oordeel oor wat ons vandag vir die toekomstige geslagte doen. Ek hoop Greta se boodskap laat wêreldleiers wakker skrik sodat hulle besef die tyd vir niks doen is verby,” sê DiCaprio.

Hy sê dit is vanweë Greta en ander jong aktiviste oraloor dat hy optimisties oor die toekoms kan wees.

“Dit was ’n eer om tyd saam met Greta te kon deurbring. Ek en sy het ’n ooreenkoms bereik dat ons mekaar sal ondersteun in die hoop dat ons ’n beter toekoms vir ons planeet kan beding.”

DiCaprio het die Leonardo DiCaprio-stigting begin, waardeur hy die welstand van alle lewe op aarde wil bevorder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.