Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Lig se impak bekyk op insekgedrag
Dr. Bernard Coetzee saam met die miljardêr-sakeman en filantroop Jonathan Oppenheimer. Foto’s: CONNAL OOSTERBROEK

Wat gebeur as die ligte in die donker brand?

Dít is die vraag wat dr. Bernard Coetzee, bewaringswetenskaplike, in die volgende drie jaar met prysgeld van sowat R2,5 miljoen sal probeer beantwoord.

Coetzee, van die Universiteit van die Witwatersrand se Global Change Institute en die Organization for Tropical Studies, het met sy baanbrekerswerk oor die globale verandering ’n toekenning van R2,5 miljoen van die Jennifer Ward Oppenheimer-trust ontvang om sy navorsing voort te sit.

As hoofnavorser gaan hy dié geld saam met ’n span kundiges uit verskeie dissiplines gebruik om vas te stel wat die invloed van ligbesoedeling in Afrika is.

Die soeklig sal val op die muskiet.

Coetzee en sy genote gaan ook probeer vasstel wat die invloed van ligbesoedeling op biodiversiteit is.

Coetzee het Woensdag gesê muskiete is die draers van virusse en parasiete wat mense in Afrika baie siek maak en ligbesoedeling speel moontlik ’n baie groot rol daarin. “Muskiete wat malaria, die zika-virus en beenbreekkoors (dengue fever) by mense veroorsaak, lei jaarliks tot sowat 700 000 sterftes in Afrika.”

Coetzee en sy genote gaan ook probeer vasstel wat die invloed van ligbesoedeling op biodiversiteit is.

Hy skryf in ’n artikel, wat verlede­ jaar op die webwerf van The Conversation Africa en later op dié van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WVF) gepubliseer is, ligbesoedeling is die skep van buitengewoon kunsmatige lig in die nag. “Dit is dié tyd wanneer dit donker behoort te wees,” sê hy.

“Dit is lig van kunsmatige bronne, soos dié by geëlektrifiseerde huise, kantore, straatligte, advertensieborde en motorligte.

“Daar is twee soorte ligbesoedeling: dié wat van ’n direkte bron – soos ’n lamp – afkomstig is en dié wat die hemelruim verlig, soos stadsligte.

Sonlig, maanlig en stikdonker bepaal spesies se bioritmes. Dit bepaal hul eet-, slaap- en paringspatrone.

Coetzee sê sonlig, maanlig en stikdonker bepaal spesies se bioritmes. Dit bepaal hul eet-, slaap- en paringspatrone.

“Ons gaan antwoorde probeer kry oor hoe die gedrag van spesies en spesifiek muskiete in landelike­ gebiede verander soos wat huise en dorpies in Afrika geëlektrifiseer word.”

Coetzee sê sy navorsing hou direk verband met die Antroposeen (geologiese tydperk wat op die Holoseen volg, die tyd wat die aarde nou binnegaan).

“Daar is toenemende getuienis dat kunsmatige lig ’n negatiewe invloed op die mens se gesondheid het. Melatonien is die hormoon wat menslike slaappatrone reguleer. Onder kunsmatige lig word hierdie hormoon onderdruk. Dít lei op sy beurt tot depressie, vetsug, ’n gebrek aan behoorlike slaap en rus en dit versteur die mens se geheue.

“Die ontwrigting van die werking van melatonien kan ook die risiko van kanker verhoog.”

Nou gaan Coetzee en sy span kyk hoe muskiete se bioritmes deur ligbesoedeling beïnvloed word.

Nou gaan Coetzee en sy span kyk hoe muskiete se bioritmes deur ligbesoedeling beïnvloed word.

“Ons weet reeds daar is sekere muskietspesies wat deur sekere soort lig afgestoot en deur ander aangetrek word. Dalk lewer hierdie navorsing ’n oplossing vir Afrika se mense wat deur muskietdraende siektes geteister word,” sê Coetzee.

Dié navorsing is nog in sy kinderskoene en net die raamwerk of voorstel is op die tafel. En dit is daarvoor wat die geld beskikbaar gestel is. “Ons is baie dankbaar en opgewonde daaroor dat ons ons werk in Afrika kan voortsit,” sê Coetzee.

Die Jennifer Ward Oppenheimer-trust sê in ’n verklaring Coetzee se voorlegging is gekies uit 217 aansoeke. Die aansoekers was almal van Afrika.

“Die doel van die . . . trust is om omgewingswetenskap en -navorsing in Afrika te bevorder.”

Die trust is genoem na die vrou van Jonathan Oppenheimer, voormalige voorsitter van De Beers en voormalige voorsitter van die Oppenheimers se familiemaatskappy, Anglo American. Sy is enkele jare gelede oorlede.

Meer oor:  Wetenskap  |  Navorsing  |  Lig  |  Muskiete  |  Impak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.