Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Luiperds in Kaapse Wynlande gekiek

Meer as een luiperd, ’n aardwolf en ’n bobbejaan is van die diere wat met kamerastrikke op plase in die Kaapse Wynlande afgeneem is.

Die tien kameras is aan die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) se kampioenplase in die distrik verskaf, en help boere om hul veld beter te bestuur, het die WWF op die vooraand van Wêreldnatuurlewedag(3 Maart) bekend gemaak.

Twee luiperds is met ’n kamerastrik op Gabriëlskloof in die Kaapse Wynlande afgeneem.

Die kameras word deur die Global Environmental Facility 5 (GEF 5) geborg en word gebruik op plase waarvan die eienaars ooreenkomste met die WWF gesluit het om saam bestuursplanne vir natuurlike gebiede te skep, luidens ’n verklaring.

Die kameras is ’n akkurate manier om te bepaal watter spesies, van medium tot groot, in ’n gebied voorkom.

’n Bobbejaan op ’n drafstap.

Shelly Fuller, bestuurder van die WWF se vrugte-en-wynprogram, sê met die WWF se ondersteuning help die beeldmateriaal die plaaseienaars om akkurater besluite oor biodiversiteit te neem, die veld beter te verstaan en te beskerm.

Hierdie inligting kan ook met die WWF se vennote soos die Kaapse Luiperdtrust gedeel word.

’n Duiker loer vir die kamera.

Die kameras neem dag en nag enigiets af wat beweeg.

Onlangs is meer as een luiperd, asook ’n aardwolf op Gabriëlskloof, naby die N2 digby Botrivier, afgeneem.

Luiperds is steeds boaan die lys van diere in die Kaapse Wynlande en kom voor in die Kogelberg, Groenlandberg en Hottentots-Hollandberg. Hierdie luiperds is weens hul beperkte dieet kleiner as dié in die Krugerwildtuin.

Nog ’n luiperd stap verby.

Nog roofdiere wat voorkom, sluit in rooikatte, die Kaapse otter en die Kaapse jakkals. Baie van die diere is skugter en sal nie sommer deur mense gewaar word nie.

Andrea Weiss, WWF-woordvoerder, sê daar is 45 kampioenplase in die Kaapse Wynlande, maar nie almal het kameras gekry nie omdat sommige reeds hul eie het. “Ons het geld vir tien ekstra kameras gehad en dit vir die plase gegee om hulle aan te moedig om die natuurlewe op hul plase te monitor.”

’n Duiker in die veld afgeneem.
Meer oor:  Luiperds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.