Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
LUR wil ‘balans skep’ in Mabola

Vusi Shongwe, LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake in Mpumalanga, het vir die tweede keer in ’n jaar ’n kennisgewing in die provinsiale regeringskoerant geplaas waarin hy sy voorneme bekend maak om die grense van die beskermde Mabola-gebied so te verander dat steenkoolmynbou kan plaasvind.

Luidens die kennisgewing wil Shongwe ’n deel van die grondgebied uit die bewaarde gebied laat sluit en Mabola se grense so verskuif dat dit “tot voordeel sal wees van die ekonomiese groei van die land en die gemeenskap” (buite Wakkerstroom in Mpumalanga).

Die doel is dat die natuurlike hulpbronne bydra tot die maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap van die Pixley Ka Seme-plaaslike owerheid.

So ’n stap sal ’n “balans skep” tussen mynbouaktiwiteite en bewaring, sê Shongwe in die kennisgewing.

Catherine Horsfield, hoof van die Sentrum vir Omgewingsregte (CER) se mynbouafdeling, sê dié kennisgewing, wat op Vrouedag in die provinsiale koerant verskyn het, val saam met Atha Africa Ventures (AAV) se aansoek by die konstitusionele hof nadat die appèlhof se deur verlede maand in die mynhuis se gesig toegeklap het.

Meer oor:  Vusi Shongwe  |  Mabola  |  Mpumalanga  |  Bewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.