Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Mabola-gebied steeds veilig teen myn van steenkool

Atha-Africa Ventures (AAV), wat al jare met agt nieregeringsorganisasies in ’n stryd gewikkel is om steenkool in die bewaarde Mabola-gebied in Mpumalanga te myn, gaan hom nou tot die konstitusionele hof wend.

Dít kom nadat die appèlhof nog ’n deur in dié Indiese mynhuis se gesig toegeklap het.

Dit is die derde hofstryd oor Mabola wat op ’n terugslag vir AAV uitloop.

Die hooggeregshof in Pretoria het in November verlede jaar die goedkeuring wat AAV in 2016 van die destydse minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, en Edna Molewa, toe minister van omgewingsake, gekry het om in dié bewaarde gebied steenkool te myn, ter syde gestel.

AAV wou hierteen appèl aanteken.

In Januarie vanjaar het die hooggeregshof in Pretoria AAV verlof tot appèl geweier.

Kostebevele is telkens ten gunste van die koalisie van bewaringsorganisasies gemaak.

'Die ekologiese sensitiwiteit, die hidrologiese belangrikheid en die feit dat Mabola ’n bewaarde gebied is, was aan AAV bekend voordat die mynhuis die prospekteerreg gekoop het,' sê die CER.

AAV het toe die regter-president gevra om die mynhuis toe te laat om teen die vroeëre hooggeregshofuitspraak appèl aan te teken.

Die regter-president het die aansoek verwerp en ’n kostebevel is weer eens teen AAV gemaak.

AAV het Woensdag by navraag gesê hy het aansoek gedoen om teen “sekere aspekte en voorwaardes” van die hooggeregshofuitspraak appèl aan te teken.

Die mynhuis sê sy aansoek het misluk.

AAV het gesê die destydse hooggeregshofuitspraak het gehandel oor ’n beslissing wat die destydse ministers van minerale bronne en omgewingsake gemaak het en dat die uitspraak nie teen AAV was nie.

“Dit is dus nie korrek om te beweer AAV het weer eens ’n hofsaak teen die koalisie verloor nie.”

Die Sentrum vir Omgewingsregte (CER), wat namens die koalisie die hofstryd voer, het Woensdag in ’n verklaring gesê AAV beweer hy het $40 miljoen betaal vir die prospekteerreg, maar kon nog nooit enige bewyse gee van die instansies waaraan hy die steenkool gaan lewer nie.

“Die ekologiese sensitiwiteit, die hidrologiese belangrikheid en die feit dat Mabola ’n bewaarde gebied is, was aan AAV bekend voordat die mynhuis die prospekteerreg gekoop het,” sê die CER.

Mabola is in 2014 deur Mpumalanga se regering tot bewaarde gebied verklaar.

Mabola is buite Wakkerstroom, sowat 70 000 ha groot en bestaan hoofsaaklik uit grasveld.

Verskeie belangrike riviere ontspring in Mabola.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Hof  |  Bewaring  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.