Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Man sit maand op toring vir renosters

Klim op ’n toring en red ’n renoster.

Dis wat Gareth Putter, direkteur van die organisasie Rocking For Rhinos, vir presies ’n maand gaan doen – en jy kan deel wees daarvan.

Gareth Putter, direkteur van Rocking for Rhinos, op die toring waar hy ’n maand gaan sit.Foto: Verskaf

Putter, wat Vrydag opgeklim het, beplan om eers op 26 Mei weer van die toring in Montecasino in Fourways, Johannesburg, af te klim. Hy hoop om met sy maand lange verblyf 16 m bo die grond wêreldwye ondersteuning vir die stryd teen renosterstroping te kry.

“Dis tyd om iets anders te probeer,” sê Putter in ’n mediaverklaring.

Sy organisasie wil met die toringsittery minstens R3 miljoen vir die bewaring van renosters in Suid-Afrika insamel. Hulle wil dit doen deur maatskappye uit te daag om R10 000 te betaal om vir ’n uur lank op die toring te sit. Lede van die publiek kan dit doen teen R20 per kind en R150 per volwassene. Enigiemand wat wil opgaan en Gareth ontmoet, sal R5 000 moet opdok.

Putter woon in ’n hut met net basiese geriewe. Hy slaap op ’n mat op die vloer, het ’n spoeltoilet en kry daagliks restaurantkos. Hy sal nooit van die toring

Gareth Putter (links), direkteur van Rocking for Rhinos, en Gareth Kaschula, wat by Montecasino se voëltuine betrokke is.Foto: Verskaf

afkom nie, behalwe as stormweer vóór Maandag opsteek – ’n weerligafleier word eers Maandag op die toring gesit. Putter sal besig bly deur te lees, mediteer, natuurlewe te skilder en lewendig van die toring op die organisasie se Facebook-blad uit te saai. Sy skilderye sal opgeveil word.

Mike Page, algemene bestuurder van Montecasino, sê die werk wat Rocking For Rhinos doen, skakel perfek in by die bewaringswerk wat Montecasino in sy voëltuine doen. Die toring waar Putter woon, is in dié tuine.

“Ons hoop dit dra by tot ’n verhoogde bewustheid van die euwels van renosterstroping en om geld vir hierdie waardige saak in te samel.”

Putter het Rocking For Rhinos in 2012 gestig. Hulle veg teen stroping en vir die beskerming en bestuur van die oorblywende renosterbevolking. Dié nie-winsgewende organisasie wat in Hoedspruit, Limpopo, gebaseer is, hou ook musiekfeeste en kunsuitstallings om geld in te samel. Alle werk word vrywillig vir die organisasie gedoen.

Die opbrengste van die toringinsameling in Montecasino is ten bate van die Protrack Rhino Task Team, Saving The Survivors, The Black Mambas, Pit-Track, Flying 4 Rhino and Conservation Trust.

Besoek gareth@rockingforrhinos.org.za vir meer inligting of kontak Putter by 073 237 7269.

Meer oor:  Montecasino  |  Fourways  |  Johannesburg  |  Renosters  |  Direkteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.