Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Mariene soogdiere weerloos teen plaagdoders

Mariene soogdiere het die vermoë verloor om ’n proteïen te vervaardig wat landdiere en mense het en wat hulle teen die neurotoksiese effek van ’n plaagdoder beskerm.

Dié navorsing wat in die vaktydskrif Science gepubliseer is, verduidelik hoekom sommige mariene soogdiere weerloos teen organofosfaat is. Hulle het die geen paraoxonase 1 (PON1) in die evolusieproses verloor.

Dit beteken hulle kan nie die neurotoksiese effek van organofosfaat teenstaan en dit afbreek nie. Daar is veral kommer oor dolfyne, walvisse, robbe en lamantyne.

Lamantyne kom naby landbougebiede voor en kom in kanale, naby aan die kus en in riviermondings voor.

Die lamantyn, ’n mariene soogdier wat in riviermondings, kanale en kusgebiede voorkom. Dié groot soogdier kom onder meer naby landbougebiede voor waar organofosfate gebruik word, maar hulle en ander mariene soogdiere kan nie hulself teen dié gif beskerm nie omdat hulle nie oor die betrokke geen beskik nie. Foto: Robert K. Bonde

Die navorsers het ook bevind dat sekere gene wat met smaak en reuk te doen het hul funksie gedurende die evolusieproses van mariene soogdiere verloor het.

Dié diere het van die land na die see beweeg. Die kenners het toe gaan soek watter ander gene wat behoue gebly het in landdiere het in soogdiere in dié proses verlore geraak.

Daar is toe op PON1 afgekom. In mense en ander landdiere verminder dié geen selskade wat veroorsaak word deur onstabiele suurstofatome. Dit beskerm teen organofosfate wat insekte doodmaak. Hulle het ook nie PON1 nie.

Die kenners dink die mariene soogdiere kan vatbaar vir vergiftiging wees indien hulle daaraan blootgestel word en dat dit in die brein opbou.

Walvisse en dolfyne het PON1 verloor toe hulle 53 miljoen jaar gelede van hul gemeenskaplike voorsaat, wat hulle met seekoeie deel, geskei is.

Die lamantyn deel ’n gemeenskaplike voorsaat met die olifant en die twee takke het 64 jaar gelede van mekaar geskei.

Hoekom hulle die geen verloor het, is nog nie seker nie. Maar een van die redes kan wees dat PON1 ’n rol speel in die uiterse oksidatiewe stres wanneer die soogdiere lank onder water duik, en dan vinnig na die oppervlak terugkeer.

Luidens die studie is lamantyne en dolfyne baie sensitief. Hulle kan gevolg word om die gesondheid van die omgewing te bepaal en indien iets verkeerd is, kan dit potensieel mense se gesondheid benadeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.