Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Medisyne en chemikalieë in visse in Kaapse see gevind

Die see by Kaapstad is só besoedel dat antibiotika, pynpille, antiretrovirale middels, ontsmettingsmiddels en ander chemikalieë in die vlees van visse akkumuleer.

Wetenskaplikes van die Universiteit van Wes-Kaapland se chemie-departement het dié middels gevind in die vis wat kleinskaalse kommersiële vissermanne by Kalkbaai vang.

Hulle het vir 15 verskillende chemikalieë getoets in die vismoot (die deel wat mense eet), kieue, lewer en ingewande van verskeie visspesies wat die vissermanne laat in 2017 gevang het.

Dit sluit in die anti-inflammatoriese middels diklofenak en asetaminofeen, die anti-epileptikum karbaamasepien, die antibiotika sulfametoksasool, die ontsmettingsmiddel triklosaan en verskeie nywerheidschemikalieë wat in plaagdoders, brandwerende middels en persoonlikesorgprodukte gevind word.

Die navorsers het gevind diklofenak het die hoogste konsentrasie van al die farmaseutiese middels wat getoets is, terwyl sulfametoksasool in minstens een deel van al die visspesies wat getoets is, gevind is.

Die teenwoordigheid van dié farmaseutiese produkte in die visse bewys dat onbehandelde of swak behandelde rioolvuil in die see vloei, aangesien hierdie middels nie volledig deur die liggaam gemetaboliseer word nie, sê die navorsers.

Stormwater is waarskynlik die bron van nywerheidschemikalieë-besoedeling.

Navorsing toon hierdie middels akkumuleer nie net in visse nie, maar ook in die menslike liggaam en in ander seediere.

Sowat 37 miljoen liter rioolvuil word daagliks in die Kaapse see gepomp by pompstasies by Groenpunt, Kampsbaai en Houtbaai. Die enigste behandeling by hierdie pompstasies – soos bevestig deur die Kaapse owerhede – is ’n sif wat soliede afval soos tampons en gruis verwyder. Rioolvuil wat by Groenpunt in die see loop, bevat ook afval van die Christiaan Barnard-Gedenkhospitaal sowel as alle mediese en ligte nywerheidsaanlegte tussen Soutrivier en Bantrybaai.

* Lees die oorspronklike, volledige artikel HIER.

Meer oor:  Universiteit Van Wes-Kaapland  |  Kaapstad  |  Kalkbaai  |  Omgewing  |  Chemikalieë  |  Medisyne  |  Bewaring  |  Storting  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.