Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Meer as 100 al dood weens sikloon in Mosambiek
Groot skade is sedert Donderdagaand in Beira aan Mosambiek se suidoostelike kus aangerig toe die sikloon Idai oor dié stad beweeg het.Foto: @ECHO_CESAfrica

Dele van Mosambiek se suidoostelike kus is sonder krag en kommunikasie weens die sikloon Idai wat met swaar reën en wind van tot meer as 170 km/h verwoesting gesaai het.

Meer as 100 mense in Mosambiek en Malawi is al in die storms en swaar reën dood in die aanloop tot die sikloon.

In Beira, die vierde grootste stad in Mosambiek, is inwoners sedert Donderdagaand van die res van die land afgesluit, terwyl huise en krag- en telefoonpale vernietig is, berig BBC.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydagoggend dié satellietfoto uitgereik wat wys hoe die sikloon Idai oor Mosambiek se ooskus in die rigting van Zimbabwe beweeg. Foto: @SAWeatherServic

Die kusdorp Chinde, 400 km noordoos van Beira, is ook swaar deur die sikloon getref, volgens Mosambiek se nasionale instituut vir rampbestuur (INGC).

Na verwagting sal Idai die naweek weswaarts beweeg in die rigting van Malawi en Zimbabwe.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het laat Vrydagoggend aangedui dat Idai toe tussen Beira en Chimoio, ’n dorp naby aan Zimbabwe se grens, gewoed het en stadig in ’n noordwestelike rigting beweeg.

’n Boom is uit die grond geruk in Mosambiek nadat die sikloon Idai Donderdagaand die stad Beira aan die suidoostelike kus getref het.Foto: @ECHO_CESAfrica?

In Chipinge, in die suidooste van Zimbabwe, is daar teen 08:00 al 56,4 mm reën oor die voorafgaande 24 uur by die naaste weerstasie aan Idai gemeet. Van die weerstasies in Mosambiek is weens die kragonderbrekings buite bereik.

Teen Donderdagaand, toe die kategorie 3-sikloon

Mosambiek tref, is 66 mense in dié land en 45 mense in Malawi dood, berig News24. Stormwinde van tot 224 km/h is gemeet.

Die Weerdiens het Dinsdag al gewaarsku dat die hewige tropiese sikloon oor die noorde van die Mosambiek-kanaal beweeg het en gevaarlike hoë branders, erge oorstromings, en skadelike winde saambring.

’n Sinkplaatdak is verwoes in die stormwinde van die sikloon Idai wat Donderdagaand die suidoostelike stad Beira in Mosambiek getref en groot skade berokken het. Foto: @ECHO_CESAfrica?

Stortreën van 250 mm tot 350 mm binne 24 uur is ook voorspel, met oorstromings wat oor die sentrale dele van Mosambiek en veral die provinsies van Sofala en Manica kan voorkom.

Deinings van 9 m en 10 m is langs die kus verwag tussen Chinde en Vilankulos in Mosambiek, met windvlae van 220 km/h wat vir die kus en aangrensende binneland voorspel is.

Idai sal na verwagting Vrydag verswak, maar steeds stortreën en oorstromings in Mosambiek, die verre ooste van Zimbabwe en die suide van Malawi bring.

sikloon ida
Grafika24

Meer oor:  Mosambiek  |  Sikloon Ida
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.