Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
‘Meer wat na Tuinroete verhuis, plaas druk op omgewing’

Meer mense wat na die Tuinroete in die Suid-Kaap verhuis plaas meer druk op die ekologies sensitiewe omgewing.

Daar is ’n skerp toename in aansoeke vir ontbossing vir die doel om nuwe huise en paaie in die Tuinroete te bou, het die Suid-Kaap Grondeienaarsinisiatief (SCLI) in ’n verklaring bekend gemaak.

Die Touwrivier. Foto: Verskaf

In dié konteks is oorblywende gebiede, wat ongeskonde is en geskik is vir bewaring, toenemend van belang vir die bewaring van biodiversiteit, sê Cobus Meiring van die SCLI. Meiring beklemtoon dat gebiede wat oortrek is met indringerplantegroei so doeltreffend moontlik gerehabiliteer moet word tot ’n natuurlike toestand ten einde biodiversiteit te bevorder.

Volgens hom het grondeienaars in die Wildernis- en Hoekwil-gebied ’n verantwoordelikheid om die omgewing ten beste te bestuur en ’n bydrae te maak tot die bewaring van die gebied.

Die Touw- en Kaaimansrivier is in ’n strategiese wateropvangsgebied geleë en is ’n bron van vars water vir die gemeenskappe van Wildernis, Touwsranten en Hoekwil.

Albei dié riviere het hul oorsprong in die Outeniekwaberge, volgens die SCLI. Die opvangsgebiede word gesamentlik deur onder meer CapeNature, die departement van landbou, bosbou en visserye (DAFF) en Sanparke bestuur.

Die gebiede tussen die riviermondings en die oorsprong van die Touw- en Kaaimansrivier is hoofsaaklik in privaat besit en dit is dikwels ’n bron van kommer uit ’n bewaringsoogpunt.

“In die Wildernishoogte- en die Hoekwil-gebied is verskeie plase en rivierlope oortrek van indringerplantegroei. Dié indringers het ’n beduidende negatiewe impak op die welstand van die Touw- en Kaaimansrivier, en bring verlies aan habitat en biodiversiteit mee,” volgens Meiring.

Die SCLI het begin met ’n proses om grondeienaars by te staan. As deel van die SCLI/TMF Cape Floristic Corridor Revival-projek word grondeienaars in spesifieke gebiede om die Touw- en Kaaimansrivier geïdentifiseer om deur die SCLI bygestaan te word met die ontwikkeling en optrek van bestuursplanne vir indringerplantegroei. Die planne word onder meer geskoei op breedvoerige navorsing en studies oor die voorkoms van indringerplante in die betrokke gebiede.

Grondeienaars sal geïdentifiseer word in die dele wat van belang is, in samewerking met Sanparke en/of ander bewaringsorganisasies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.