Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Meeste damme in Wes-Kaap steeds voller as in 2020

Ten spyte van die dalings in die afgelope week, bly die meeste damvlakke in die Wes-Kaap steeds aansienlik hoër as in 2020.

Die provinsie se gemiddelde damvlak het teen Dinsdag van 55,9% tot 54,7% gedaal, terwyl dit in die ooreenstemmende tydperk in 2020 op 42,7% gestaan het.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het ook van 75,1% tot 73,9% gedaal en was verlede jaar 59,3%.

In die Suid-Kaap het verskeie damme se vlak verder gestyg ná goeie reën en is talle damme ook tans voller as ’n jaar gelede.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 79,3% tot 77,8% gedaal en was 54,7% dié tyd verlede jaar.

damvlakke

Ander damme wat aan Kaapstad water voorsien, lyk só:

• Benede-Steenbrasdam: 63,8% (66,2% verlede week) met 5,3 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Bo-Steenbrasdam: 52% (50,3%);

• Voëlvleidam: 67,3% (68%);

• Bergrivierdam: 76% (77%); en

• Wemmershoekdam: 72,6% (75%).

Die Clanwilliamdam het van 33,9% tot 30,5% gedaal, teenoor 18,9% verlede jaar.

In die Karoo het enkele damvlakke gestyg:

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 16% (14,9% verlede week) met 29,2 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Calitzdorpdam: 43,2% (40,2%) met 1,2 mm reën;

• Leeu-Gamkadam: 29,7% (30,2%) met 8 mm reën;

• Oukloofdam naby Prins Albert: 0% (0%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 57,2% (58,2%);

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 5,8% (1,1%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 21,4% (17,4%) met 3,2 mm reën; en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0% (0%) met 23,8 mm reën.

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke gestyg:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 86,4% (81,9% verlede week) met 17,2 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Korentepoortdam naby Riversdal: 85,4% (81,1%) met 13,8 mm reën;

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 61,4% (58,2%) met 24,6 mm reën; en

• Tuinroetedam by George: 100% (99,7%) met 15,4 mm reën.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.