Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Meeste dolfyne, walvisse spoel vanjaar uit
Kevin Cole, ’n wetenskaplike van die Oos-Londen-museum, by die karkas van die Risso-dolfyn.

Minstens 17 seediere het sedert Januarie tot nou op die Oos-Kaapse kus tussen Oos-Londen en die KwaZulu-Natalse grens uitgespoel.

Dit is die hoogste getal wat tot dusver op rekord is, het Kevin Cole, ’n wetenskaplike wat aan die Oos-Londen-museum verbonde is, gesê.

Een van die jongste slagoffers was ’n Risso-dolfyn wat Dinsdag by Kidds-strand in Oos-Londen uitgespoel het.

Volgens Cole is dit ’n diepseedolfyn wat nie sommer hul verskyning aan die kus maak nie.

Die dolfyn was ’n dag vantevore op ’n strand naby Cove Rock aangetref en terug in die see vrygelaat.

Maar teen Dinsdag het die volwasse dolfynkoei van meer as 2 m weer uitgespoel en die keer was dit té laat om te help.

“Ons vermoed die dolfyn was siek. Gewoonlik kom diere na die kus wanneer hulle siek is of daar iets fout is.”

’n Lykskouing van die dolfyn het aangedui dat al haar organe in ’n goeie toestand was, behalwe vir haar hart.

Volgens Cole het haar hart ’n groeisel op gehad, wat hy vandeesweek na die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth sal neem waar dit deur kenners ondersoek sal word.

Dié Risso-dolfyn is maar die vierde van sy soort wat sedert 2011 deur die museum op rekord as ’n gestrande dier aangeteken is.

Die karkas van die Risso-dolfyn wat die afgelope week in Oos-Londen uitgespoel het.

Die vorige een is vroeër vanjaar in Maart by Morgansbaai aangetref.

“Dit is vreemd om twee sommer in een jaar te sien. Die vorige een was ’n jong dolfyn.”

Benewens die dolfyne het ’n rits walvisse gedurende die afgelope jaar aan die kus gestrand.

“Van die walvisse was reeds in ’n ver gevorderde stadium van ontbinding en ek kon dus nie ’n lykskouing hou nie.

Die ander walvisse was baie maer en het nie genoeg kos gehad vir die migrasie-tog nie, terwyl van hulle siek was.

’n Dolfyn wat vroeër die jaar by Chintsa met ’n gebreekte kakebeen uitgespoel het, het vermoedelik doodgebloei.

Hy sê hoewel elke geval individueel beskou word, moet daar in die algemeen gekyk word na hoekom seediere siek word.

“Vroeër het ons ’n groot probleem met seismiese toetse gehad, dan is daar ook die besoedeling van die water, en die seeverkeer. Alles wat ’n rol speel in die lewe van die diere.”

Hy het mense aangemoedig om enige gestrande seediere aan te meld deur die noodnommer by 071 724 2122 te bel.

Meer oor:  Omgewing  |  Walvisse  |  Dolfyne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.