Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Mej. Planeet praat met kinders oor plastiek

Monique Best (19), Mej. Junior Tiener Suid-Afrika 2017, wat op 1 Maart in Kambodja as Mej. Planeet 2019 gekroon is, tel plastieksakke op oral waar sy gaan sodat dit herwin kan word.

Monique Best en die pikkewyn Hiccup by die seevoël-en-pikkewyn-rehabilitasiesentrum (Saprec) in Mosselbaai. Hiccup wou terstond in haar handsak klim.

Monique het verlede Donderdag op ’n besoek aan haar tuisdorp, George in die Suid-Kaap, tjokkertjies by Life Community Services, ’n Christelike diensorganisasie, meer vertel van rommel en besoedeling.

Sy het ook verlede Woensdag ’n blitsbesoek aan die Shark Lab en die seevoël-en-pikkewyn-rehabilitasiesentrum (Saprec) in Mosselbaai gebring.

Monique is soos Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal, ’n oudleerling van die Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) in George.

Aan die kleinspan van sowat ses jaar en jonger het Monique verduidelik dit is haar mikpunt om die planeet te bewaar en te beskerm teen besoedeling soos plastiek wat diere doodmaak. Sy het ook benadruk hoe belangrik opvoeding is en dat ’n mens daardeur die wêreld kan verander.

“Ons moet moeite doen om plastieksakke op te tel, maak nie saak waar dit is nie,” het sy aan die kinders gesê. “Die plastiek moet in ’n blou sak gesit word sodat dit alles herwin kan word.”

Volgens haar is besoedeling skadelik vir die water wat mense moet drink. “Rommel beland in ons water en besoedel die oseane,” het sy gesê. “Julle moet vandag ’n verskil begin maak sodat julle eendag ’n skoon land vir julle kinders kan nalaat.”

Tara Nicholas (links), ’n vrywilliger en fondsinsamelingsbestuurder by die seevoël-en-pikkewyn-rehabilitasiesentrum (Saprec) in Mosselbaai wys vir Monique Best hoe die pikkewyn Pops gevoer word.
Monique Best spreek kinders in Parkdene in George toe oor besoedeling.

In Mosselbaai het Monique ’n boks sardyne, die pikkewyne se stapelvoedsel, aan Carol Walton, Saprec se stigter, oorhandig. By Saprec is Monique orals gevolg deur ’n pikkewyn, Hiccup, wat terstond in haar handsak wou klim, vertel haar ma, Celeste Best.

By die Shark Lab het sy met die haaie Bonny en Bean en ’n seekat, Betty Blue, kennis gemaak, en uitgevra oor plastiekkorrels wat orals op strande uitspoel.

Monique het 39 ander deelnemers uitgestof in die Mej. Planeet-kompetisie. Sy is reeds weer terug na Johannesburg vir ’n fotosessie vir Lunar Clothing wie se klere sy op die SA Fashion Week in Sandton gemodelleer het.

Later vanjaar reis sy ook na die buiteland as Mej. Planeet om mense van klimaatsverandering, besoedeling en bedreigde spesies soos die Afrika-pikkewyn bewus te maak.

Monique Best by die Shark Lab in Mosselbaai.
Meer oor:  Omgewing  |  Plastiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.