Hoewel winderige toestande die bestryding van die swerms sprinkane in die Noord-Kaap en Vrystaat bemoeilik, is daar ook berig dat die sterk noordewind hulle weer suid- en suidweswaarts terugvoer.
Swerms sprinkane is reeds by onder meer De Aar, Hanover, Carnarvon, Loxton, Britstown, Prieska, Colesberg, Richmond en Victoria-Wes opgemerk.
Bel Gert Greyvenstein (082 451 4860), Vuyokazi Mpumlwana (084 760 8176) of dr. Ikalafeng Kgakatsi (072 198 9882) om swerms aan te meld.

Foto: pexels