Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Mens roei spesies ‘op ongekende skaal’ uit
Nog ’n renosterhoring word afgesaag.

Renosters in drie natuurreservate in Noordwes is op die vooraand van Wêreld­omgewingsdag onthoring om hulle hopelik uit die kloue van stropers te hou.

“Tientalle” renosters is onthoring in die Pilanesberg-, Mafikeng- en Botsalano-natuurreservaat. Laasgenoemde is ook naby Mafikeng, teenaan die grens met Botswana.

Nico Jacobs, stigter van Rhino 911, sê hulle het verlede maand gedurende een van dié operasies ’n leeuwyfie vanuit die lug gesien wat besig was om aan ’n renosterkarkas te vreet. Hy was waarskynlik reeds gestroop.

“Ek het al soveel opgekapte renosters gesien. Wat is die oplossing?” sê Jacobs.

“Vir hulle om tussen leeus en olifante te kom stroop . . . dis ’n groot waagstuk vir so ’n klein dingetjie.”

Dit was Vrydag Wêreldomgewingsdag en wetenskaplikes het Maandag met dié herdenking in gedagte nuwe navorsing bekend gemaak wat daarop dui dat die mens ander spesies op ’n bykans ongekende skaal uitroei.

In ’n studie deur die Amerikaanse Nasionale Wetenskapakademie is bevind die tempo waarin spesies uitsterf, is besig om te versnel, berig The New York Times.

’n Renoster wat in die Pilanesberg-natuurreservaat verdoof is, slaan in die stof neer.
’n Veearts gebruik die geleentheid om die renoster te ondersoek voordat haar horing afgesaag word.

Daar word voorspel dat minstens 500 gewerweldes binne die volgende tien jaar gaan verdwyn. Sonder die mens se teenwoordigheid sou dit eers oor ’n natuurlike tydperk van 16 000 jaar gebeur het.

Die 500, ’n geraamde 1,7% van alle vertebrata wat aan ons bekend is, is “kritiek bedreig”. Dit beteken daar is minder as 1 000 van elk van daardie spesies oor.

Volgens die Internasionale Renosterstigting is daar net 27 000 renosters oor. Hulle is reeds 30 miljoen jaar op aarde.

“Ons gee die renosterbevolking hopelik ’n kans om weer aan te was deur hulle te onthoring,” sê Pieter Nel, waarnemende bewaringshoof van die Noordwes-parkeraad.

Renosterhoring is tans sowat $60 000 per kilogram werd. – Reuters

Meer oor:  Renosters  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.