Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Mense gewaarsku ná pofadders 2 mense in Drakensberge pik
Dié groep vriende se staptog het anders uitgedraai as wat hulle verwag het toe ’n pofadder John Oliff (38, links agter) gepik het. Voor is Paul Meyer en agter langs Oliff staan Anton Claassens, Ryan Momberg en Craig Brickhill. Foto: Verskaf

Die publiek is gewaarsku om versigtig te wees vir slange in die Drakensberge nadat twee mense onlangs daar gepik is.

In die jongste voorval het ’n pofadder ’n man gepik terwyl hy saam met ’n groep vriende op ’n staptog was. Hulle sou die aand in ’n grot oornag en die volgende dag die roete voltooi.

’n Pofadder het onlangs ook 15-jarige seun in Underberg gepik. Foto: Verskaf

Volgens Anton Claassens is sy vriend Jon Oliff (38) in sy regtervoet gepik nadat hulle sowat 4 km van die staproete afgelê het. Die persoon agter hom het die slang gesien. Oliff het nie besef ’n slang het hom gepik nie.

Claassens het gesê mense in die omgewing het onmiddellik die nooddienste ontbied en Oliff met perde gaan haal.

Hy is nie ernstig beseer nie, en die meeste van die gif het sy skoen getref. Hy is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Claassens het gesê hy is dankbaar vir die vinnige hulpverlening deur Madie en Tinus Botha, die nooddienste en die New England Farm, wat die perde gestuur het.

Volgens die Underberg- mediese nooddiens (UEMS) is hy deur ’n inwoner ontbied wat laat weet het dat een van hul gaste in die suidelike Drakensberge naby die Boesmansnek-grenspos op ’n staproete deur ’n pofadder gepik is.

Hy is ondersoek en daar is vasgestel dat die pofadder sy skoen getref het.

“Geen swelling of oormatige bloeding is opgemerk nie, wat op ’n moontlike droë byt dui,” lui ’n verklaring deur die UEMS.

Die nooddiens het mense gewaarsku om versigtig en waaksaam te wees wanneer hulle in die berge gaan stap, aangesien dit die tweede keer in ’n kort tydjie is dat ’n slang iemand gepik het.

Op 2 April het ’n pofadder ’n 15-jarige seun in Underberg aan sy linkerbeen gepik.

“Die tekens het daarop gedui dat dit ’n pofadderbyt was. UEMS-paramedici en dr. Alan Howard het die pasiënt gestabiliseer en na ’n hospitaal in Pietermaritzburg geneem.”

Die seun is ’n paar dae vir waarneming in die waakeenheid gehou.

Meer oor:  Drakensberge  |  Pofadders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.