Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Metaangas lek uit see se bodem

Klimaatwetenskaplikes het onlangs die eerste “aktiewe” lek van metaangas in die seebodem by Antarktika opgemerk.

So sê navorsers aan die Oregon-Staatsuniversiteit in Amerika in ’n verslag, wat onlangs in die tydskrif Proceedings of the Royal Society B verskyn het.

Hulle skryf hulle het die metaangaslek ten tyde van ’n ekspedisie in die seebodem in die Ross-see gekry. Hulle beskryf ook hul kommer oor die uitwerking wat die lekkasie op klimaatsverandering kan hê as dié kragtige kweekhuisgas ’n lang tyd in die atmosfeer beland. Metaan is ’n kweekhuisgas wat 23 keer kragtiger is as koolstofdioksied.

Luidens die artikel meen die navorsers daar is ’n baie groot hoeveelheid metaan wat in die seebodem by Antarktika opgesluit is.

Die metaan is vermoedelik afkomstig van alge wat oor die jare heen ontbind het en is reeds ’n baie lang tyd in die seebodem opgesluit.

Hulle skryf die metaan is vermoedelik afkomstig van alge wat oor die jare heen ontbind het en is reeds ’n baie lang tyd in die seebodem opgesluit.

Phys.org berig soos wat die planeet verhit, word wetenskaplikes al hoe meer bekommerd oor die vrylating van metaan in die atmos­feer. Hulle waarsku as die water wat die seebodem bedek, warmer word, sal dit die metaan loslaat. As die metaan later in die at­mosfeer beland, kan dit tot wegholklimaats­verandering aanleiding gee. Dit sal lewe op aarde onmoontlik maak, sê die wetenskaplikes.

Hulle skryf in die artikel die metaanlek is nie deur die verhitting van water veroorsaak nie. Die rede daarvoor is dus in dié stadium “ ’n raaisel”.

Hulle is bekommerd oor die reaksie van die mikrobes onder die seeoppervlak. Vorige navorsing het gewys wanneer daar kleiner metaanlekke in die seebodem is, beweeg mikrobes in om dit te verorber en só te voorkom dat dit in die seeoppervlak en dan in die atmosfeer beland.

Die metaan in dié deel van die Ross-see, wat bekend staan as Cinder Cones, lek na raming reeds vyf jaar lank. Metaanvretende mikrobes het tot dusver nie na die lek beweeg nie.

“Hierdie metaan beland dus beslis in die atmosfeer.

“Die rede waarom hierdie verskynsel so kommerwekkend is, is dat metaanlekke op ander plekke om Antarktika kan ontstaan soos wat die water verhit en dat die mikrobes nie gou genoeg daarby kan uitkom om te keer dat dit in die atmosfeer beland nie.”

In die studie “Riddles in the Cold: Antarctic endemism and microbial succession impact methane cycling in the Southern Ocean” sê die wetenskaplikes hulle sal voortgaan om die metaanlek te monitor. Hulle meen dit kan nóg vyf jaar duur voordat mikrobes na die gebied sal beweeg om van die metaan op te neem. Intussen beland die metaan in die seewater en van daar in die atmosfeer, skryf die wetenskaplikes.

Meer oor:  Antarktika  |  Natuurbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.