Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Miljoene liter riool elke dag in die see

Gewoonlik hou swemmers hul oë oop vir haaie wanneer hulle in die Kaapse see lyf natmaak, maar jy moet boonop ook in jou pasoppens wees vir riool.

Riool word in die see by Langstrand in Simonstad uitgepomp.

Op Langstrand in Simonstad, een van dié voorstad se gewildste toeriste-strande, het ’n Rapport-leser die afgelope week vinnig sy planne om by die strand te swem gelos nadat ’n kondoom by hom verby gedryf het.

By nadere inspeksie het die leser, wat anoniem wil bly, gesien dat ’n pyp oor die strand tot in die seewater loop, waar dit riool uitpomp.

Die Kaapstad-metro kon die afgelope week nie ’n verklaring gee vir dié situasie nie. Volgens ’n woordvoerder was die amptenaar wat verantwoordelik is vir stormwater se foon afgeskakel. Die jongste watergehaltetoetse van die metro wat vir die publiek beskikbaar is, dateer uit 2016.

Wetenskaplikes soos prof. Edda Weimann van die Universiteit van Kaapstad sê miljoene liters riool word elke dag in die see gepomp by Mouillepunt, Kampsbaai en Houtbaai. Dit is riool uit dreine en toilette, net gesif om byvoorbeeld plastieksakke te keer, sê sy.

Die uitslae word nie bekend gemaak nie.

Kampsbaai se rioolpyp loop sowat 1,4 km in die see in. Volgens syfers van 2016 het hierdie pyp 2,4 miljoen liter riool per dag uitgepomp. By Mouillepunt, waar die rioolpyp tot 1,7 km in die see uitloop, is in 2016 28,4 miljoen liter riool per dag uitgepomp. Houtbaai se rioolpyp is 2,1 km in die see, en het in 2016 5,7 miljoen liter riool per dag in die see uitgepomp.

Die Kaapstad-munisipaliteit toets elke twee weke die water om die vlakke van bakterieë te meet, maar die uitslae word nie bekend gemaak nie.

Die munisipaliteit het verskonings: Verlede jaar is gesê die stad stel nuwe riglyne vir watergehalte in, en verlede maand het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en afvaldienste, gesê die bekendmaking is uitgestel weens ’n herstruktureringsproses wat al in 2017 begin het.

Volgens ’n verslag van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad in 2017 is rioolpypleidings wat in die see uitloop wêreldwyd algemeen, maar die “uitvoerbaarheid van gebruik van alternatiewe strategieë” moet ondersoek word as dit duidelik is dat skade aangerig word aan die omgewing.

Meer oor:  Kampsbaai  |  Simonstad  |  Riool  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.