Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Moederkerk vergader oor historiese akkerboom se toekoms

’n Vergadering oor die toekoms van ’n akkerboom van meer as 100 jaar oud by die NG Moederkerk in George word aanstaande week gehou.

Die ou akkerboom by die NG Moedergemeente in George en die reuse-tak wat in Desember afgebreek het. Foto: Jackie Kruger

’n Reuse-tak van die boom het in Desember afgebreek. Dit het vroeër geblyk dat die boom aan die doodgaan is en met die indringerboorkewer (Euwallacea fornicatus) besmet is.

Volgens ’n inligtingsbord is die boom, ’n baken op die kerkterrein, in 1884 geplant en word dit beskerm. Geen parkering word onder die boom toegelaat nie.

Drew de Kock, bestuurder van die NG Moedergemeente, sê by navraag die dagbestuur vergader op 21 Januarie oor die boom waar ’n besluit oor sy toekoms moontlik geneem sal word.

Talle bome in George het reeds in 2018 tekens van besmetting deur die kewer getoon. Die kewer en sy swam is die eerste keer in 2017 in die KwaZulu-Natalse botaniese tuin gevind. Die 2 mm lange kewer kom van Suidoos-Asië en deurboor die boom se bas en dring deur na die lewende hout. Dit kan tot besmetting lei wat veroorsaak dat die boom doodgaan. Inheemse en eksotiese bome word geraak.

Tekens van besmetting sluit in ’n opgehewe blou-en-swart letsel met ’n gaatjie in wat soos ’n skietwond lyk.

Meer oor:  George  |  100 Jaar Oud  |  Akkerboom  |  Ng Moederkerk  |  Toekoms  |  Vergadering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.